Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wat Jehovah se dag sal openbaar
    Die Wagtoring — 2010 | Julie 15
    • 2 “Jehovah se dag”, het die apostel Petrus geskryf, “[sal] soos ’n dief kom, waarop die hemele met ’n sissende gedruis sal verbygaan, die elemente, wat intens warm sal wees, tot niet gemaak sal word, en die aarde en die werke daarin ontdek sal word” (2 Pet. 3:10). Wat is “die hemele” en “die aarde” waarvan hier gepraat word? Wat is “die elemente” wat tot niet gemaak sal word? En wat het Petrus bedoel toe hy gesê het dat “die aarde en die werke daarin ontdek sal word”? As ons weet wat die antwoorde op hierdie vrae is, sal dit ons help om voorbereid te wees op die vreesinboesemende gebeure wat in die nabye toekoms sal plaasvind.

      Die hemele en die aarde wat sal verbygaan

      3. Wat is die “hemele” wat in 2 Petrus 3:10 genoem word, en hoe sal dit verbygaan?

      3 Wanneer die term “hemele” simbolies gebruik word in die Bybel, verwys dit dikwels na heersende moondhede, wat verhewe is bo hulle onderdane (Jes. 14:13, 14; Op. 21:1, 2). “Die hemele [wat] sal verbygaan”, verteenwoordig menseheerskappy oor ’n goddelose samelewing. Die feit dat hulle met ’n “sissende gedruis”—of volgens ’n ander vertaling “’n geweldige gedreun”—sal verbygaan, toon moontlik dat hierdie hemele vinnig vernietig sal word.

      4. Wat is “die aarde”, en hoe sal dit vernietig word?

      4 “Die aarde” verteenwoordig die mensewêreld wat van God vervreemd is. So ’n wêreld het in Noag se dag bestaan en het op God se bevel met die Vloed geëindig. “Deur dieselfde woord is die hemele en die aarde wat nou is, vir die vuur weggelê en word dit bewaar tot die dag van die oordeel en van die vernietiging van die goddelose mense” (2 Pet. 3:7). Terwyl die Vloed al die goddelose mense op een slag vernietig het, sal die komende vernietiging in stadiums gedurende “die groot verdrukking” plaasvind (Op. 7:14). In die eerste fase van dié verdrukking sal God die politieke heersers van hierdie wêreld beweeg om “Babilon die Grote” te vernietig, waardeur hy sy veragting van daardie godsdienshoer toon (Op. 17:5, 16; 18:8). Daarna sal Jehovah self die res van Satan se wêreld in die oorlog van Armageddon, die laaste fase van die groot verdrukking, vernietig.—Op. 16:14, 16; 19:19-21.

      ‘Die elemente sal tot niet gemaak word’

      5. Wat sluit die figuurlike elemente in?

      5 Wat is “die elemente” wat “tot niet gemaak sal word”? ’n Bybelwoordeboek omskryf “elemente” as “eerste beginsels”, of “grondbeginsels”. Die term, sê dit, “is gebruik vir die letters van die alfabet, as elemente van spraak”. “Die elemente” waarvan Petrus praat, verwys dus na die fundamentele dinge wat aan hierdie wêreld sy goddelose kenmerke, gesindhede, weë en doelwitte gee. “Die elemente” sluit “die gees van die wêreld” in, wat “in die seuns van die ongehoorsaamheid werk”. (1 Kor. 2:12; lees Efesiërs 2:1-3.) Hierdie gees, of “lug”, kan in Satan se hele wêreld gevind word. Dit dryf mense aan om te dink, planne te maak, te praat en op te tree op ’n manier wat die denke weerspieël van Satan, die trotse, uitdagende “heerser van die gesag van die lug”.

      6. Hoe word die gees van die wêreld geopenbaar?

      6 Derhalwe laat diegene wat deur die wêreld se gees besmet is, bewustelik of onbewustelik, toe dat hulle verstande en harte deur Satan beïnvloed word sodat hulle sy denke en gesindheid weerspieël. Gevolglik doen hulle wat hulle wil, sonder om die wil van God in ag te neem. Hulle reageer op trotse of selfsugtige wyse op situasies, hulle toon ’n opstandige gesindheid teenoor gesag en hulle gee vrye teuels aan “die begeerte van die vlees en die begeerte van die oë”.—Lees 1 Johannes 2:15-17.a

      7. Waarom moet ons ‘ons hart bewaak’?

      7 Hoe belangrik is dit dan tog dat ons ‘ons hart bewaak’ deur goddelike wysheid aan die dag te lê in ons keuse van vriende, leesstof, vermaak en webwerwe wat ons op die Internet besoek! (Spr. 4:23). Die apostel Paulus het geskryf: “Pas op: miskien is daar iemand wat julle as sy prooi sal wegvoer deur die filosofie en leë bedrog volgens die oorlewering van mense, volgens die elementêre dinge van die wêreld en nie volgens Christus nie” (Kol. 2:8). Hierdie opdrag word al hoe dringender namate Jehovah se dag nader kom, want die ongeëwenaarde hitte daarvan sal al “die elemente” van Satan se stelsel laat wegsmelt, wat sal toon dat hulle hoegenaamd geen vuurvaste eienskappe het nie. Dit laat ons dink aan die woorde van Maleagi 4:1: “Die dag kom wat soos die oond brand, en al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedryf, sal soos stoppels word. En die dag wat kom, sal hulle beslis verslind.”

      ‘Die aarde en die werke daarin sal ontdek word’

      8. Hoe word die aarde en die werke daarin “ontdek”?

      8 Wat het Petrus bedoel toe hy geskryf het dat “die aarde en die werke daarin ontdek sal word”? Die woord “ontdek” kan ook vertaal word as “te wete gekom” of “blootgelê”. Petrus het bedoel dat Jehovah Satan se wêreld gedurende die groot verdrukking sal blootlê en sal toon dat dit Hom en Sy Koninkryk teëstaan en gevolglik verdien om vernietig te word. Jesaja 26:21 praat profeties van daardie tyd en sê: “Jehovah kom uit sy plek te voorskyn om van die inwoner van die land rekenskap te eis vir sy oortreding, en die land sal beslis sy bloedvergieting openbaar en sal nie langer sy doodgemaaktes bedek nie.”

      9. (a) Wat moet ons verwerp, en waarom? (b) Wat moet ons aankweek, en waarom?

      9 Gedurende Jehovah se dag sal diegene wat deur die wêreld en sy goddelose gees gevorm is, toon wat hulle werklik is en sal hulle mekaar selfs doodmaak. Trouens, die verskeie soorte gewelddadige vermaak wat vandag gewild is, kondisioneer heel moontlik die verstande van baie mense vir die tyd wanneer elke mens se hand “teen die hand van sy metgesel [sal] kom” (Sag. 14:13). Hoe belangrik is dit dan dat ons enigiets—rolprente, boeke, videospeletjies, ensovoorts—verwerp wat eienskappe in ons kan voortbring wat vir God verfoeilik is, soos trots en die liefde vir geweld! (2 Sam. 22:28; Ps. 11:5). Laat ons eerder die vrug van God se heilige gees aankweek, want sulke eienskappe sal die hitte van Jehovah se dag kan deurstaan.—Gal. 5:22, 23.

  • Wat Jehovah se dag sal openbaar
    Die Wagtoring — 2010 | Julie 15
    • Berei jou voor vir Jehovah se groot dag

      12. Waarom sal Jehovah se dag die wêreld skok?

      12 Paulus sowel as Petrus het voorspel dat Jehovah se dag “soos ’n dief” sal kom—stilletjies, onverwags. (Lees 1 Tessalonisense 5:1, 2.) Selfs ware Christene, wat in afwagting van daardie dag bly, sal verbaas wees deur die skielike koms daarvan (Matt. 24:44). Maar die wêreld sal baie meer as net verbasing ervaar. Paulus het geskryf: “Wanneer hulle [dié wat van Jehovah vervreemd is] ook al sê: ‘Vrede en veiligheid!’ dan sal skielike vernietiging oombliklik oor hulle kom net soos die barenswee oor ’n swanger vrou; en hulle sal hoegenaamd nie ontkom nie.”—1 Tess. 5:3.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel