Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Beoefen geloof op grond van God se beloftes
    Die Wagtoring – 1993 | Julie 15
    • 4. Watter eienskappe moet ons by ons geloof voeg?

      4 Geloof in Jehovah se beloftes en dankbaarheid vir ons godgegewe vryheid moet ons beweeg om ons bes te doen om voorbeeldige Christene te word. Petrus het gesê: “Deur in antwoord hierop al julle ywerige inspanning by te dra, voeg by julle geloof deug, by julle deug kennis, by julle kennis selfbeheersing, by julle selfbeheersing volharding, by julle volharding godvrugtige toegewydheid, by julle godvrugtige toegewydheid broederlike geneentheid, by julle broederlike geneentheid liefde” (2 Petrus 1:5-7, NW). Petrus gee ons dus ’n lys eienskappe wat ons gerus kan memoriseer. Kom ons ondersoek hierdie eienskappe van naderby.

  • Beoefen geloof op grond van God se beloftes
    Die Wagtoring – 1993 | Julie 15
    • 9. (a) Wat is godvrugtige toegewydheid? (b) Waarom moet ons broederlike geneentheid by ons godvrugtige toegewydheid voeg? (c) Hoe kan ons liefde by ons broederlike geneentheid voeg?

      9 Ons moet godvrugtige toegewydheid—verering en aanbidding van Jehovah, sowel as diens aan Hom—by ons volharding voeg. Ons geloof neem toe namate ons godvrugtige toegewydheid aan die dag lê en sien hoe Jehovah met sy volk handel. Maar om godsvrug aan die dag te lê, het ons broederlike geneentheid nodig. Per slot van rekening kan iemand “wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, . . . onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie” (1 Johannes 4:20, NAV). Ons hart moet ons beweeg om ware geneentheid vir ander knegte van Jehovah te toon en hulle welsyn altyd eerste te stel (Jakobus 2:14-17). Maar waarom word ons aangesê om liefde by ons broederlike geneentheid te voeg? Petrus het klaarblyklik bedoel dat ons liefde aan alle mense moet betoon, nie net aan ons broers nie. Hierdie liefde word veral getoon deur die goeie nuus te verkondig en mense geestelik te help.—Mattheüs 24:14; 28:19.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel