Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Watter soort mense behoort julle te wees?
    Koninkryksbediening — 1995 | Augustus
    • 1 ’n Tyd van rekenskap kom nader vir die hele mensdom. Die Bybel noem dit “die dag van Jehovah”. Dit is die tyd wanneer Goddelike oordeel aan die goddeloses voltrek gaan word; dit is ook ’n tyd van verlossing vir die regverdiges. Alle mense wat dan lewe, sal rekenskap moet gee van hoe hulle hulle lewe gelei het. Met die oog hierop opper Petrus ’n ondersoekende vraag: “Watter soort mense behoort julle dan te wees”? Hy beklemtoon die belangrikheid van ‘heilige gedragshandelinge, dade van godvrugtige toegewydheid en om die dag van Jehovah goed in gedagte te hou’, sowel as die belangrikheid daarvan om ‘vlekkeloos, smetloos en in vrede’ te wees.—2 Pet. 3:11-14.

  • Watter soort mense behoort julle te wees?
    Koninkryksbediening — 1995 | Augustus
    • 4 Om Jehovah se dag ‘goed in gedagte te hou’, beteken dat ons dit in ons daaglikse gedagtes op die voorgrond hou en dit nooit as iets onbelangriks op die agtergrond skuif nie. Dit beteken dat ons Koninkryksbelange altyd eerste in ons lewe moet stel.—Matt. 6:33.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel