Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Watter soort mense behoort julle te wees?
    Koninkryksbediening — 1995 | Augustus
    • 1 ’n Tyd van rekenskap kom nader vir die hele mensdom. Die Bybel noem dit “die dag van Jehovah”. Dit is die tyd wanneer Goddelike oordeel aan die goddeloses voltrek gaan word; dit is ook ’n tyd van verlossing vir die regverdiges. Alle mense wat dan lewe, sal rekenskap moet gee van hoe hulle hulle lewe gelei het. Met die oog hierop opper Petrus ’n ondersoekende vraag: “Watter soort mense behoort julle dan te wees”? Hy beklemtoon die belangrikheid van ‘heilige gedragshandelinge, dade van godvrugtige toegewydheid en om die dag van Jehovah goed in gedagte te hou’, sowel as die belangrikheid daarvan om ‘vlekkeloos, smetloos en in vrede’ te wees.—2 Pet. 3:11-14.

  • Watter soort mense behoort julle te wees?
    Koninkryksbediening — 1995 | Augustus
    • 5 Vlekkeloos, smetloos en in vrede: As lede van die groot skare het ons ‘ons lang gewade gewas en dit wit gemaak in die Lam se bloed’ (Op. 7:14). Om “vlekkeloos” te wees, beteken dus dat ons onwrikbaar daarteen moet waak dat ons rein, toegewyde lewe deur onsuiwerhede van die wêreld besmet word. Ons hou ons “smetloos” deur nie toe te laat dat goddelose, materialistiese strewes ons Christelike persoonlikheid skend nie (Jak. 1:27; 1 Joh. 2:15-17). Ons toon dat ons “in vrede” lewe deur “die vrede van God” in al ons handelinge met ander te weerspieël.—Fil. 4:7; Rom. 12:18; 14:19.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel