-
Wat vereis God van ons?Die Wagtoring – 1997 | Januarie 15
-
-
‘Sy gebooie is nie swaar nie’
4-6. (a) Waarna verwys die Griekse woord wat met “swaar” vertaal word? (b) Waarom kan ons sê dat God se gebooie nie swaar is nie?
4 “Onderhou sy gebooie.” Dit is basies wat God van ons verwag. Vra hy te veel? Glad nie. Die apostel Johannes sê vir ons iets baie gerusstellends oor God se gebooie, of vereistes. Hy het geskryf: “Dít is wat die liefde vir God beteken, dat ons sy gebooie onderhou; en tog is sy gebooie nie swaar nie.”—1 Johannes 5:3.
5 Die Griekse woord wat met “swaar” vertaal word, kan verwys na iets wat moeilik is om na te kom of moeilik is om te vervul. In Matteus 23:4 word dit gebruik om die “swaar vragte”, die mensgemaakte reëls en tradisies, te beskryf wat die skrifgeleerdes en Fariseërs die mense opgelê het. Begryp jy die sin van die slotsom waartoe die bejaarde apostel Johannes kom? God se gebooie is nie ’n swaar las nie, en dit is ook nie vir ons te moeilik om dit te onderhou nie. (Vergelyk Deuteronomium 30:11.) Inteendeel, as ons God liefhet, maak dit ons gelukkig om aan sy vereistes te voldoen. Dit gee ons ’n kosbare geleentheid om ons liefde vir Jehovah te bewys.
-
-
Wat vereis God van ons?Die Wagtoring – 1997 | Januarie 15
-
-
12. Hoe sal jy verduidelik waarom dit nie ’n las is om kennis van God en sy voornemens in te neem nie?
12 Is dit ’n las om sulke kennis van God en sy voornemens in te neem? Geensins! Kan jy nog onthou hoe jy gevoel het toe jy geleer het dat God se naam Jehovah is, dat sy Koninkryk die Paradys op hierdie aarde gaan herstel, dat hy sy geliefde Seun as ’n losprys vir ons sondes gegee het, sowel as ander kosbare waarhede? Was dit nie soos om ’n sluier van onkunde te verwyder en dinge vir die eerste keer duidelik te sien nie? Om kennis van God in te neem, is nie ’n las nie. Dit is ’n plesier!—Psalm 1:1-3; 119:97.
-
-
Wat vereis God van ons?Die Wagtoring – 1997 | Januarie 15
-
-
16. Verduidelik waarom dit nie ’n las is om aan God se standaarde vir regte gedrag te voldoen en sy waarheid aan te neem nie.
16 Is dit vir ons ’n las om aan God se standaarde van regte gedrag te voldoen en sy waarheid aan te neem? Nie wanneer ons aan die voordele dink nie—huwelike waarin die man en vrou mekaar liefhet en vertrou, en nie huwelike wat weens ontrouheid verbrokkel nie; huise waar kinders voel dat hulle ouers hulle liefhet en wil hê, en nie gesinne waarin kinders voel dat hulle ouers hulle nie liefhet nie, hulle verwaarloos en nie wil hê nie; ’n skoon gewete en goeie gesondheid, en nie ’n skuldgevoel en ’n liggaam wat deur vigs of ’n ander seksueel oordraagbare siekte geteister word nie. Jehovah se vereistes ontneem ons beslis nie enigiets wat ons nodig het om die lewe te geniet nie!—Deuteronomium 10:12, 13.
-
-
Wat vereis God van ons?Die Wagtoring – 1997 | Januarie 15
-
-
19. Verduidelik hoe ons daarby baat vind as ons respek vir lewe en bloed toon.
19 Is dit vir ons ’n las om lewe en bloed as heilig te beskou? Hoegenaamd nie! Dink hieraan. Is dit ’n las om vry te wees van longkanker wat deur tabakrokery veroorsaak word? Is dit ’n las om verstandelike en fisiese verslawing aan skadelike dwelms vry te spring? Is dit ’n las om nie vigs, hepatitis of ’n ander siekte deur ’n bloedoortapping op te doen nie? Dit is duidelik dat dit in ons belang is om skadelike gewoontes en gebruike te vermy.—Jesaja 48:17.
20. Hoe het een gesin daarby baat gevind om God se beskouing van lewe te hê?
20 Beskou hierdie ondervinding. ’n Paar jaar gelede het ’n Getuievrou wat ongeveer drie en ’n half maande swanger was een aand begin bloei, en sy is inderhaas hospitaal toe geneem. Nadat ’n dokter haar ondersoek het, het sy gehoor hoe hy vir ’n verpleegster sê dat hulle die swangerskap sal moet beëindig. Aangesien sy geweet het hoe Jehovah die lewe van ’n ongebore kind beskou, het sy volstrek geweier dat hulle ’n aborsie uitvoer, en sy het vir die dokter gesê: “As my baba nog lewe, los hom daar!” Sy het nou en dan weer gebloei, maar etlike maande later het sy vroeg geboorte gegee aan ’n gesonde babaseuntjie wat nou 17 jaar oud is. Sy het verduidelik: “Ons het ons seun alles vertel, en hy het gesê hy is bly dat hy nie weggegooi is nie. Hy besef dat dit net is omdat ons Jehovah dien dat hy vandag lewe.” Dit was gewis nie vir hierdie gesin ’n las om God se beskouing van lewe te hê nie!
-
-
Wat vereis God van ons?Die Wagtoring – 1997 | Januarie 15
-
-
23, 24. Hoe kan ons dit toelig dat dit nie ’n las is om Jehovah saam met sy georganiseerde volk te dien nie?
23 Is dit ’n las om Jehovah saam met sy georganiseerde volk te dien? Beslis nie! Inteendeel, dit is ’n kosbare voorreg om die liefde en ondersteuning van ’n wêreldwye gesin van Christenbroers en -susters te hê (1 Petrus 2:17). Stel jou voor jy is ’n skipbreukeling wat in die water spartel om bo te bly. Wanneer jy voel dat jy dit nie meer kan uithou nie, steek iemand in ’n reddingsboot sy hand na jou toe uit. Ja, daar is ander oorlewendes! In die reddingsboot maak jy en die ander beurte om na die strand te roei, en julle tel ander oorlewendes langs die pad op.
-