Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Toon altyd liefde en geloof
    Die Wagtoring – 1986 | Julie 15
    • 22. Wie kry “geen vat” op ’n lojale Christen nie, en waarvoor kan so ’n persoon met vertroue bid?

      22 Johannes som nou basiese gedagtes in sy brief op. (Lees 1 Johannes 5:18-21, vgl. NW.) Elkeen wat as ’n geesgesalfde Christen “uit God gebore is”, beoefen nie sonde nie. Jesus Christus, wat deur die heilige gees “uit God gebore is”, waak oor hom “en die Bose [Satan] het geen vat op hom nie”. So ’n lojale gesalfde Christen kan met vertroue om verlossing van die Bose bid en kan, met “die skild van die geloof”, geestelike skade weens Satan se “vurige pyle” vryspring.​—Mattheüs 6:13; Efesiërs 6:16.

  • Toon altyd liefde en geloof
    Die Wagtoring – 1986 | Julie 15
    • 25. Hoe kan ons as Christene die raad in 1 Johannes 5:21 toepas?

      25 Diegene wat in eendrag is met die ware God, Jehovah, hetsy hulle van die gesalfde oorblyfsel of van die “ander skape” is, wil hom in elke opsig behaag. Maar versoekings om ’n mens aan afgodediens skuldig te maak, het in die eerste eeu bestaan, net soos dit vandag bestaan. Johannes het dus sy brief gepas met die vaderlike raad afgesluit: “My kinders, bewaar julleself van die afgode.” As Christene buig ons ons nie voor beelde neer nie (Exodus 20:4-6). Ons weet ook dat dit verkeerd sou wees om onsself, genot of enigiets anders in God se plek te stel (2 Timotheüs 3:1, 2, 4). En ons toewyding aan hom skakel enige aanbidding van die politieke “dier” en sy “beeld” van ons kant uit (Openbaring 13:14-18; 14:9-12). Met die oog daarop om ons hemelse Vader te behaag en die ewige lewe as gawe van hom te ontvang, moet ons dus vasbeslote wees in ons voorneme om alle afgodediens te vermy en nooit toe te laat dat dit ons kosbare verhouding met Jehovah deur Jesus Christus vernietig nie.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel