Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ‘Stry hard vir die geloof’!
    Die Wagtoring – 1998 | Junie 1
    • 5. Watter eertydse profeet haal Judas aan, en hoe het daardie profesie die gewisse sekerheid van die vervulling daarvan uitgespreek?

      5 Later verwys Judas na ’n selfs verreikender oordeel. Hy haal ’n profesie van Henog aan—iets wat nêrens anders in die geïnspireerde Skrif gevind word niea (Judas 14, 15). Henog het ’n tyd voorspel wanneer Jehovah al die goddeloses en hulle goddelose dade sou oordeel. Dit is interessant dat Henog in die verlede tyd gepraat het, want God se oordele was so seker dat dit was asof hulle alreeds plaasgevind het. Mense het moontlik met Henog en later met Noag gespot, maar al hierdie spotters het in die wêreldwye Vloed verdrink.

  • ‘Stry hard vir die geloof’!
    Die Wagtoring – 1998 | Junie 1
    • a Sommige navorsers beweer dat Judas uit die apokriewe Book of Enoch aanhaal. Maar R. C. H. Lenski sê: “Ons vra: ‘Wat is die bron van hierdie lapwerk, die Book of Enoch?’ Hierdie boek is ’n vreemde sameflansing, en niemand is seker van die jaartalle van die verskillende dele daarvan nie . . . ; niemand kan seker wees dat sommige van die uitdrukkings daarin nie miskien uit Judas self geneem is nie.”

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel