-
Die groot stad word verwoesOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
Hartstogwekkende wyn
13. (a) Hoe vestig die magtige engel ons aandag op die groot omvang van Babilon die Grote se hoerery? (b) Watter onsedelikheid wat in eertydse Babilon algemeen was, word ook in Babilon die Grote aangetref?
13 Die magtige engel vestig vervolgens ons aandag op die groot omvang van Babilon die Grote se hoerery en sê: “Want weens die hartstogwekkende wyn van haar hoererya het al die nasies slagoffers geword, en die konings van die aarde het met haar hoerery gepleeg, en die reisende koopmanne van die aarde het ryk geword weens die mag van haar skaamtelose weelde” (Openbaring 18:3). Sy het al die nasies van die mensdom met haar onrein godsdienstige weë geïndoktrineer. Volgens die Griekse geskiedskrywer Herodotus moes elke meisie in eertydse Babilon haar maagdelikheid in tempelaanbidding opoffer. Walglike geslagsverdorwenheid word vandag nog uitgebeeld deur die oorlogbeskadigde beeldhouwerke by Angkor Wat in Kampuchea en in die tempels in Khajuraho, Indië, waar die Hindoegod Wisjnoe omring is van vieslike erotiese tonele. In die Verenigde State toon die onthullings van onsedelikheid wat die wêreld van TV-evangeliste in 1987 en weer in 1988 geskud het, sowel as die onthulling van die algemene beoefening van homoseksualiteit deur geestelikes, dat selfs die Christendom skokkende gruwels van letterlike hoerery duld. En tog het al die nasies die slagoffers geword van ’n selfs ernstiger soort hoerery.
14-16. (a) Watter geestelik ongeoorloofde verhouding tussen godsdiens en die politiek het in Fascistiese Italië ontstaan? (b) Wat het biskoppe van die Rooms-Katolieke Kerk gesê toe Italië Abessinië binnegeval het?
14 Ons het reeds die ongeoorloofde verhouding tussen godsdiens en die politiek hersien wat meegebring het dat Hitler in Nazi-Duitsland aan die bewind gekom het. Ander nasies het ook gely as gevolg van godsdiens se inmenging in sekulêre aangeleenthede. Byvoorbeeld: In Fascistiese Italië is die Lateraanse Verdrag op 11 Februarie 1929 deur Mussolini en kardinaal Gasparri onderteken, waardeur die Vatikaanstad ’n soewereine staat gemaak is. Pous Pius XI het beweer dat hy “Italië aan God teruggegee het, en God aan Italië”. Was dit die waarheid? Beskou wat ses jaar later gebeur het. Op 3 Oktober 1935 het Italië Abessinië binnegeval onder die voorwendsel dat dit “’n barbaarse land [is] wat nog steeds slawerny beoefen”. Wie was in werklikheid barbaars? Het die Katolieke Kerk Mussolini se barbaarsheid veroordeel? Terwyl die pous dubbelsinnige verklarings gedoen het, het sy biskoppe die strydkragte van hulle Italiaanse “vaderland” openlik geseën. In die boek The Vatican in the Age of the Dictators sê Anthony Rhodes:
15 “In sy Herderlike Brief van 19 Oktober [1935] het die biskop van Udine [Italië] geskryf: ‘Dit is nóg tydig nóg gepas dat ons uitspraak doen oor wat reg en verkeerd is in die saak. Ons plig as Italianers, en nog meer as Christene, is om tot die sukses van ons wapens by te dra.’ Die biskop van Padua het op 21 Oktober geskryf: ‘In die moeilike ure wat ons deurmaak, vra ons julle om geloof te stel in ons staatsmanne en strydkragte.’ Op 24 Oktober het die biskop van Cremona etlike regimentsvaandels geheilig en gesê: ‘Die seën van God sy op al hierdie soldate wat, op die bodem van Afrika, nuwe en vrugbare lande vir die Italiaanse vernuf sal verower en sodoende die Romeinse en Christelike kultuur aan hulle sal bring. Mag Italië weer eens as die Christelike leidsman van die hele wêreld staan.’”
16 Abessinië is verower, met die seën van die Rooms-Katolieke geestelikes. Kon enige van hulle in enige sin beweer dat hulle soos die apostel Paulus “rein [was] van die bloed van alle mense”?—Handelinge 20:26.
17. Hoe het Spanje gely omdat sy geestelikes versuim het om ‘van hulle swaarde ploegskare te smee’?
17 Voeg by Duitsland, Italië en Abessinië nog ’n nasie wat die slagoffer van Babilon die Grote se hoerery geword het—Spanje. Die Burgeroorlog van 1936-39 in daardie land is deels ontketen deur die demokratiese regering se optrede om die groot mag van die Rooms-Katolieke Kerk te verminder. Toe die oorlog begin het, het die Katolieke Fascistiese leier van die revolusionêre troepe, Franco, homself “die Christelike Hoofgeneraal van die Heilige Kruistog” genoem, ’n titel waarvan hy later afstand gedoen het. Honderdduisende Spanjaarde het in die gevegte omgekom. Daarbenewens het Franco se Nasionaliste, volgens ’n konserwatiewe raming, 40 000 lede van die Volksfront vermoor, terwyl laasgenoemde 8 000 geestelikes—monnike, priesters, nonne en novises—vermoor het. Dit is die afgryse en tragedie van burgeroorlog, wat toelig hoe verstandig dit is om ag te gee op Jesus se woorde: “Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat die swaard opneem, sal deur die swaard vergaan” (Matteus 26:52). Hoe weersinwekkend is dit tog dat die Christendom by sulke ontsaglike bloedvergieting betrokke raak! Haar geestelikes het inderdaad geheel en al versuim om ‘van hulle swaarde ploegskare te smee’!—Jesaja 2:4.
-
-
Die groot stad word verwoesOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
[Venster op bladsy 263]
“Die konings . . . het met haar hoerery gepleeg”
In die vroeë 1800’s het Europese handelaars groot hoeveelhede opium in China ingesmokkel. In Maart 1839 het Chinese amptenare die onwettige handel probeer stopsit deur op 20 000 kiste van die dwelmmiddel by Britse handelaars beslag te lê. Dit het spanning tussen Brittanje en China tot gevolg gehad. Namate betrekkinge tussen die twee lande versleg het, het etlike Protestantse sendelinge Brittanje met verklarings soos die volgende aangespoor om oorlog te verklaar:
“Hoe verbly hierdie probleme tog my hart, omdat ek van mening is dat die Engelse regering moontlik woedend sal raak en dat God, in Sy mag, dalk die hindernisse uit die weg sal ruim wat voorkom dat die evangelie van Christus China bereik.”—Henrietta Shuck, sendeling van die Suidelike Baptistekerk.
Uiteindelik het oorlog uitgebreek—die oorlog wat vandag bekend staan as die Opiumoorlog. Sendelinge het Brittanje van ganser harte aangespoor met kommentare soos hierdie:
“Ek voel my genoodsaak om op die huidige toedrag van sake terug te kyk, nie soseer as ’n opium- of ’n Engelse aangeleentheid nie, maar as die groot plan van die Voorsienigheid om die goddeloosheid van die mens bevorderlik te maak vir Sy voornemens van barmhartigheid teenoor China deur sy muur van uitsluiting te verbreek.”—Peter Parker, Kongregasionalistiese sendeling.
’n Ander Kongregasionalistiese sendeling, Samuel W. Williams, het bygevoeg: “Die hand van God kan duidelik gesien word in alles wat op merkwaardige wyse plaasgevind het, en ons twyfel nie daaraan dat Hy wat gesê het dat Hy gekom het om ’n swaard op die aarde te bring, hierheen gekom het om Sy vyande spoedig te vernietig en Sy eie koninkryk op te rig nie. Hy sal verslaan en verslaan totdat Hy die Vredevors ingestel het.”
Aangaande die verskriklike slagting van Chinese burgers het sendeling J. Lewis Shuck geskryf: “Ek beskou sulke tonele . . . as die regstreekse werktuie van die Here om die vullis uit die weg te ruim wat die vooruitgang van Goddelike Waarheid belemmer.”
Kongregasionalistiese sendeling Elijah C. Bridgman het bygevoeg: “God het dikwels die sterk arm van burgerlike mag gebruik om die weg vir Sy koninkryk te baan . . . Die middel in hierdie groot oomblikke is menslik; die leidende mag goddelik. Die groot regeerder van al die nasies het Engeland gebruik om China te straf en te verneder.”—Aanhalings geneem uit “Ends and Means” (“Oogmerke en middele”), 1974, ’n verhandeling deur Stuart Creighton Miller, wat gepubliseer is in The Missionary Enterprise in China and America (’n Harvard-studie onder redaksie van John K. Fairbank).
-