-
Die groot stad word verwoesOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
22. (a) Wat sê ’n stem uit die hemel? (b) Wat het God se volk in 537 v.G.J. en in 1919 G.J. vreugde verskaf?
22 Johannes se volgende woorde wys op ’n verdere vervulling van die profetiese patroon: “En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: ‘Gaan uit haar uit, my volk, as julle nie met haar in haar sondes wil deel nie, en as julle geen deel van haar plae wil ontvang nie’” (Openbaring 18:4). Profesieë in die Hebreeuse Geskrifte oor die val van eertydse Babilon sluit ook Jehovah se bevel aan sy volk in: “Vlug uit Babilon uit” (Jeremia 50:8, 13). Net so word God se volk nou, met die oog op die komende verwoesting van Babilon die Grote, aangespoor om te vlug. In 537 v.G.J. was die getroue Israeliete baie verheug oor die geleentheid om uit Babilon te vlug. Die vrylating van God se volk uit Babiloniese gevangenskap in 1919 het hulle ook groot vreugde verskaf (Openbaring 11:11, 12). En sedertdien het miljoene ander die bevel om te vlug, gehoorsaam.
-
-
Die groot stad word verwoesOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
24. (a) God se volk moet uit Babilon die Grote vlug om wat te vermy? (b) In watter sondes deel dié wat nie uit Babilon die Grote vlug nie?
24 Dit is harde woorde! Optrede is dus nodig. Jeremia het die Israeliete in sy dag aangespoor om op te tree en gesê: “Vlug uit Babilon uit, . . . want dit is die tyd van wraak wat aan Jehovah behoort. Hy vergeld hom sy handelswyse. Gaan uit hom uit, o my volk, en laat elkeen aan sy siel ontkoming verskaf van die brandende toorn van Jehovah” (Jeremia 51:6, 45). Die stem uit die hemel waarsku God se volk vandag ook om uit Babilon die Grote te vlug sodat hulle geen deel van haar plae ontvang nie. Jehovah se plaagagtige oordele oor hierdie wêreld, met inbegrip van Babilon die Grote, word nou verkondig (Openbaring 8:1–9:21; 16:1-21). God se volk moet hulle van valse godsdiens afskei as hulle nie self hierdie plae wil ontvang en uiteindelik saam met haar wil sterf nie. Bowendien sal hulle in haar sondes deel as hulle in hierdie organisasie bly. Hulle sou net so skuldig soos sy wees aan geestelike egbreuk en aan die vergieting van die bloed “van almal wat op die aarde doodgemaak is”.—Openbaring 18:24; vergelyk Efesiërs 5:11; 1 Timoteus 5:22.
25. Op watter maniere het God se volk uit eertydse Babilon uitgegaan?
25 Maar hoe gaan God se volk uit Babilon die Grote uit? In die geval van eertydse Babilon moes die Jode letterlik van die stad Babilon na die Beloofde Land reis. Maar dit het meer as dit behels. Jesaja het die Israeliete profeties meegedeel: “Vertrek, vertrek, gaan daar uit, raak aan niks wat onrein is nie; gaan uit hom uit, hou julle rein, julle wat die voorwerpe van Jehovah dra” (Jesaja 52:11). Ja, hulle moes afsien van alle onrein gebruike van Babiloniese godsdiens wat hulle aanbidding van Jehovah kon besoedel.
26. Hoe het die Korintiese Christene die woorde gehoorsaam: ‘Gaan onder hulle uit en hou op om wat onrein is, aan te raak’?
26 Die apostel Paulus het Jesaja se woorde in sy brief aan die Korintiërs aangehaal en gesê: “Moenie saam met ongelowiges onder ’n ongelyke juk kom nie. Want watter gemeenskap het regverdigheid en wetteloosheid? Of watter deelgenootskap het lig met duisternis? . . . ’Gaan dus onder hulle uit en sonder julle af’, sê Jehovah, ‘en hou op om wat onrein is, aan te raak.’” Dit was nie vir die Korintiese Christene nodig om Korinte te verlaat om daardie bevel te gehoorsaam nie. Maar hulle moes die onrein tempels van valse godsdiens letterlik vermy en hulle ook geestelik afskei van die onrein dade van daardie afgodedienaars. In 1919 het God se volk op hierdie manier uit Babilon die Grote begin vlug deur hulle van enige oorblywende onrein leerstellings en gebruike te reinig. Hulle kon hom derhalwe as sy gesuiwerde volk dien.—2 Korintiërs 6:14-17; 1 Johannes 3:3.
-