-
Die Stryder-Koning seëvier by ArmageddonOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
22. Hoe som Johannes die verloop van die finale oorlog op?
22 Johannes som die verloop van die finale oorlog op: “En ek het die wilde dier en die konings van die aarde en hulle leërs versamel gesien om die oorlog te voer teen die een wat op die perd sit en teen sy leër. En die wilde dier is gevang, en saam met hom die valse profeet wat voor hom die tekens gedoen het waarmee hy dié mislei het wat die merk van die wilde dier ontvang het en dié wat sy beeld aanbid. Hulle is albei lewend in die vuurpoel geslinger wat met swael brand. Maar die res is gedood met die lang swaard wat uitgaan uit die mond van die een wat op die perd sit. En al die voëls het versadig geword met hulle vlesige dele.”—Openbaring 19:19-21.
-
-
Die Stryder-Koning seëvier by ArmageddonOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
25. (a) Wie word “gedood met die lang swaard . . . van die een wat op die perd sit”? (b) Moet ons verwag dat enige van dié wat “gedood” word, ’n opstanding sal kry?
25 Alle ander wat nie regstreeks deel van ’n regering uitgemaak het nie, maar wat nietemin ’n onhervormbare deel van hierdie verdorwe mensewêreld was, word ook “gedood met die lang swaard . . . van die een wat op die perd sit”. Jesus sal verklaar dat hulle die dood verdien. Moet ons verwag dat hulle ’n opstanding sal kry, aangesien die poel van vuur nie in hulle geval gemeld word nie? Ons word nêrens meegedeel dat dié wat op hierdie tyd deur Jehovah se Regter tereggestel word, opgewek sal word nie. Soos Jesus self gesê het, almal wat nie “skape” is nie, sal weggaan “die ewige vuur in wat vir die Duiwel en sy engele berei is”, dit wil sê “die ewige vernietiging in” (Matteus 25:33, 41, 46). Dit is die klimaks van “die dag van die oordeel en van die vernietiging van die goddelose mense”.—2 Petrus 3:7; Nahum 1:2, 7-9; Maleagi 4:1.
-