-
Die Slang se kop word verbryselOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
3. Wat sê Johannes gaan met Satan gebeur?
3 Wat lê dan vir Satan en sy demone voor? Johannes sê vir ons: “En ek het ’n engel uit die hemel sien neerdaal met die sleutel van die afgrond en ’n groot ketting in sy hand. En hy het die draak gegryp, die oorspronklike slang, wat die Duiwel en Satan is, en hom vir duisend jaar gebind. En hy het hom in die afgrond geslinger en dit gesluit en dit bo hom verseël, sodat hy die nasies nie meer sou mislei totdat die duisend jaar geëindig het nie. Ná hierdie dinge moet hy vir ’n klein rukkie losgelaat word.”—Openbaring 20:1-3.
-
-
Die Slang se kop word verbryselOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
5. Wat doen die engel van die afgrond met Satan die Duiwel, en waarom?
5 Toe die groot vuurkleurige draak uit die hemel gewerp is, is daar van hom gepraat as “die oorspronklike slang, die een wat Duiwel en Satan genoem word, wat die hele bewoonde aarde mislei” (Openbaring 12:3, 9). Nou, wanneer hy gegryp en in die afgrond gewerp word, word hy weer volledig beskryf as “die draak . . . , die oorspronklike slang, wat die Duiwel en Satan is”. Hierdie berugte verslinder, bedrieër, lasteraar en teenstander word vasgeketting en “in die afgrond” gewerp, wat gesluit en bo hom verseël word, “sodat hy die nasies nie meer sou mislei” nie. Hierdie gevangenskap van Satan sal duisend jaar duur, waartydens sy invloed op die mensdom niks meer sal wees as dié van ’n gevangene in ’n diep kerker nie. Die engel van die afgrond sorg dat Satan geheel en al van die Koninkryk van regverdigheid afgesny is. Wat ’n verligting vir die mensdom!
-
-
Die Slang se kop word verbryselOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
7. (a) In watter toestand sal Satan en sy demone in die afgrond wees, en hoe weet ons dit? (b) Is Hades en die afgrond dieselfde? (Sien voetnoot.)
7 Sal Satan en sy demone bedrywig wees terwyl hulle in die afgrond is? Wel, dink aan die skarlakenkleurige wilde dier met die sewe koppe, wat ‘was, maar nie is nie, en tog op die punt staan om uit die afgrond op te kom’ (Openbaring 17:8). Terwyl hy in die afgrond was, ‘was hy nie’. Hy het nie gefunksioneer nie, was buite aksie, so goed as dood. Die apostel Paulus het eweneens van Jesus gesê: “‘Wie sal in die afgrond neerdaal?’ dit is, om Christus uit die dode op te bring” (Romeine 10:7). Terwyl Jesus in daardie afgrond was, was hy dood.a Dit is dan redelik om die gevolgtrekking te maak dat Satan en sy demone gedurende die duisend jaar dat hulle in die afgrond is, in ’n toestand van doodse onbedrywigheid sal wees. Watter goeie nuus is dit tog vir liefhebbers van regverdigheid!
-