Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Organisatoriese voorbereiding vir die komende Duisend Jaar
    Die Wagtoring – 1989 | September 1
    • 3, 4. (a) Hoe lank sal Jehovah se heerskappy in die hande van Jesus Christus en die 144 000 in werklikheid duur? (b) Watter uitdrukking word vir daardie tydperk gebruik, en hoe is dit in die titels van sekere Wagtoringpublikasies weerspieël?

      3 Daar is voorspel dat Jehovah se Koninkryksheerskappy in die hande van Jesus Christus en sy 144 000 verheerlikte dissipels duisend jaar sal duur. Die bejaarde apostel Johannes het aangaande daardie Duisendjarige Heerskappy geskryf: “Ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.”—Openbaring 20:4-6.

      4 Aangesien duisend jaar ’n millennium is, word daardie tydperk Christus se Millenniumheerskappy genoem. Diegene wat hierdie Bybelse leerstelling aanvaar en verkondig, word partymaal chiliaste genoem, na aanleiding van die Griekse woord vir “duisend”. Dit is interessant dat die bundels van Studies in the Scriptures (wat vroeër jare deur die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap uitgegee is) oorspronklik Millennial Dawn genoem is. En die liedereboek wat eens deur die Internasionale Bybelstudente gebruik is, was getiteld Hymns of the Millennial Dawn.

  • Organisatoriese voorbereiding vir die komende Duisend Jaar
    Die Wagtoring – 1989 | September 1
    • 7. Wat toon die Bybel oor die tyd en aard van Jesus Christus se Millenniumheerskappy?

      7 Maar volgens die Skrif moet die ware Millenniumheerskappy van Jesus Christus nog kom. Die hedendaagse vervulling van Bybelprofesie toon dat dit nou baie naby is. Gedurende die ware Millennium sal Satan en sy demone in die afgrond wees en sal Jesus Christus en sy 144 000 mede-erfgename sonder inmenging deur die Duiwel se organisasie oor die hele mensdom heers. Die ewige seëning van die hele vrygekoopte mensdom sal, ter vervulling van Jehovah se verbond met sy “vriend” Abraham, begin met die “groot menigte”, wat die ongeëwenaarde “verdrukking” sal oorleef waarmee hierdie goddelose stelsel eindig. Dit sal by uitbreiding ook die miljarde mensedode insluit wat deur “die bloed van die Lam”, Jesus Christus, losgekoop is (Jakobus 2:21-23; Openbaring 7:1-17; Genesis 12:3; 22:15-18; Mattheüs 24:21, 22). Te dien einde sal hierdie mense uit hulle doodslaap in die gedenkgrafte tot die lewe op aarde opgewek word.—Johannes 5:28, 29.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel