Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die Bybel gee ons hoop vir die toekoms
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 2. Watter soort toekoms word in die Bybel beskryf?

      Die Bybel belowe die volgende vir die toekoms: “Die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie.” (Lees Openbaring 21:4.) Daar is baie probleme wat mense vandag hopeloos kan laat voel. Mense is arm, word onregverdig behandel, word siek en gaan dood, maar hierdie probleme sal nie meer daar wees nie. Die Bybel belowe dat mense die lewe vir ewig in ’n paradys op die aarde sal kan geniet.

  • Hoekom gebeur slegte dinge, en hoekom kry mense swaar?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
    • 7. God sal ’n einde maak aan alle swaarkry

      Lees Jesaja 65:17 en Openbaring 21:3, 4, en bespreek dan hierdie vraag:

      • Jehovah sal al die slegte dinge wat mense deurgemaak het, wegneem – dit sal wees asof hierdie dinge nooit gebeur het nie. Hoekom is dit vir jou vertroostend?

      Het jy geweet?

      Toe Satan die eerste leuen vertel het, het hy teen Jehovah gelaster. Dit wil sê, hy het Jehovah se goeie naam deur die modder gesleep deur te sê dat Jehovah nie ’n regverdige en liefdevolle Heerser is nie. Wanneer Jehovah alle swaarkry in die toekoms wegneem, sal hy sy goeie naam herstel. Met ander woorde, hy sal bewys dat hy regtig die beste Heerser is. Die heiliging van Jehovah se naam is een van die belangrikste dinge in die heelal. – Matteus 6:9, 10.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel