-
Jehovah Waardeer Diens Wat Met Jou Hele Siel Verrig WordDie Wagtoring – 1997 | Oktober 15
-
-
5. Hoe toon die voorbeeld van die apostels dat almal nie ewe veel in die bediening moet doen nie?
5 Beteken diens wat met ons hele siel verrig word dat ons almal ewe veel in die bediening moet doen? Dit sou onmoontlik wees, want omstandighede en vermoëns wissel van siel tot siel. Dink aan die getroue apostels van Jesus. Hulle kon nie almal ewe veel doen nie. Ons weet byvoorbeeld baie min van party van die apostels, soos Simon, die Kananeër, en Jakobus, die seun van Alfeus. Miskien was hulle bedrywigheid as apostels ietwat beperk (Matteus 10:2-4). In teenstelling daarmee kon Petrus talle gewigtige verantwoordelikhede aanvaar—Jesus het hom selfs “die sleutels van die koninkryk” gegee! (Matteus 16:19). Maar Petrus is nie bo die ander verhef nie. Toe Johannes die visioen van die Nuwe Jerusalem in die Openbaring (ongeveer 96 G.J.) ontvang het, het hy 12 fondamentstene gesien waarop “die twaalf name van die twaalf apostels” gegraveer was (Openbaring 21:14).a Jehovah het die diens van al die apostels op prys gestel, al kon party blykbaar meer doen as ander.
-
-
Jehovah Waardeer Diens Wat Met Jou Hele Siel Verrig WordDie Wagtoring – 1997 | Oktober 15
-
-
a Aangesien Mattias vir Judas as ’n apostel vervang het, sou sy naam—nie Paulus s’n nie—onder dié wees wat op die 12 fondamentstene verskyn het. Hoewel Paulus ’n apostel was, was hy nie een van die 12 nie.
-