-
Die luisterryke stadOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
6. (a) Hoe beskryf Johannes die meting van die stad, en wat dui hierdie meting aan? (b) Wat verklaar moontlik die feit dat die maat wat gebruik is, “volgens ’n mens se maat, terselfdertyd dié van ’n engel” was? (Sien voetnoot.)
6 Johannes sê verder: “En die een wat met my gepraat het, het ’n goue riet as meetstok gehad, sodat hy die stad en sy poorte en sy muur kon meet. En die stad lê vierkantig, en sy lengte is so groot soos sy breedte. En hy het die stad met die riet gemeet, twaalfduisend stadie; sy lengte en breedte en hoogte is gelyk. Ook het hy sy muur gemeet, honderd-vier-en-veertig el, volgens ’n mens se maat, terselfdertyd dié van ’n engel” (Openbaring 21:15-17). Toe die tempelheiligdom gemeet is, het dit die vervulling van Jehovah se voornemens ten opsigte daarvan gewaarborg (Openbaring 11:1). Nou toon die feit dat die engel Nuwe Jerusalem meet, hoe onveranderlik Jehovah se voornemens ten opsigte van hierdie glorieryke stad is.a
7. Wat is merkwaardig omtrent die stad se afmetings?
7 Wat ’n merkwaardige stad is dit tog! ’n Volmaakte kubus met ’n omtrek van 12 000 stadie (ongeveer 2 220 kilometer), omring deur ’n muur wat 144 el, of 64 meter, hoog is. Geen letterlike stad kan ooit sulke afmetings hê nie. Dit sou ’n gebied beslaan wat byna 14 keer so groot is soos hedendaagse Israel en sou nagenoeg 560 kilometer in die buitenste ruimte uittoring! Openbaring is in tekens gegee. Wat vertel hierdie afmetings ons dan omtrent hemelse Nuwe Jerusalem?
8. Wat word aangedui deur (a) die stad se mure wat 144 el hoog is? (b) die stad se afmeting van 12 000 stadie? (c) die feit dat die stad ’n volmaakte kubus is?
8 Die mure wat 144 el hoog is, herinner ons daaraan dat die stad uit 144 000 geestelik aangenome seuns van God bestaan. Die syfer 12 wat in die stad se afmeting van 12 000 stadie voorkom—met die lengte, breedte en hoogte wat gelyk is—word figuurlik in organisatoriese betekenis in Bybelprofesieë gebruik. Nuwe Jerusalem is derhalwe ’n wonderlik ontwerpte organisatoriese reëling vir die verwesenliking van God se ewige voorneme. Nuwe Jerusalem, saam met die Koning Jesus Christus, is Jehovah se Koninkryksorganisasie. Dan is daar die vorm van die stad: ’n volmaakte kubus. In Salomo se tempel was die Allerheiligste, wat ’n simboliese voorstelling van Jehovah se teenwoordigheid bevat het, ’n volmaakte kubus (1 Konings 6:19, 20). Hoe gepas is dit dan dat Nuwe Jerusalem, verlig deur die heerlikheid van Jehovah self, as ’n volmaakte reusekubus gesien word! Al sy afmetings is volmaak gebalanseerd. Dit is ’n stad sonder onreëlmatighede of gebreke.—Openbaring 21:22.
-
-
Die luisterryke stadOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
a Die feit dat die maat wat gebruik is, “volgens ’n mens se maat, terselfdertyd dié van ’n engel” was, het moontlik te doen met die feit dat die stad uit die 144 000 bestaan, wat oorspronklik mense was, maar wat geesskepsele te midde van die engele word.
-