-
Die luisterryke stadOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
9. Hoe beskryf Johannes die boumateriale van die stad?
9 Johannes sit sy beskrywing voort: “En die boustof van sy muur was jaspis, en die stad was suiwer goud soos helder glas. Die fondamente van die stad se muur was versier met allerhande edelstene: die eerste fondament was jaspis, die tweede saffier, die derde kalsedoon, die vierde smarag, die vyfde sardoniks, die sesde sardis, die sewende chrisoliet, die agtste beril, die negende topaas, die tiende chrisopraas, die elfde hiasint, die twaalfde ametis. En die twaalf poorte was twaalf pêrels; elkeen van die poorte was uit een pêrel gemaak. En die breë straat van die stad was suiwer goud, soos deursigtige glas.”—Openbaring 21:18-21.
10. Wat word aangedui deur die feit dat die stad met jaspis, goud en “allerhande edelstene” gebou is?
10 Die stad se konstruksie is werklik luisterryk. In plaas van alledaagse, aardse boumateriale soos klei of steen, lees ons van jaspis, gelouterde goud en “allerhande edelstene”. Hoe gepas beeld dit tog hemelse boumateriale uit! Niks kan luisterryker wees nie. Die eertydse verbondsark was met suiwer goud oorgetrek, en in die Bybel stel hierdie stof dikwels goeie en waardevolle dinge voor (Eksodus 25:11; Spreuke 25:11; Jesaja 60:6, 17). Maar die hele Nuwe Jerusalem, en selfs sy breë straat, is gebou van “suiwer goud soos helder glas”, ’n uitbeelding van prag en intrinsieke waarde wat die verbeelding te bowe gaan.
-
-
Die luisterryke stadOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
12. Waarop dui die feit dat (a) die stad se fondamente met 12 kosbare edelstene versier is? (b) die stad se poorte pêrels is?
12 Selfs die stad se fondamente is pragtig, versier met 12 kosbare edelstene. Dit laat ons dink aan die eertydse Joodse hoëpriester, wat op seremoniële dae ’n efod gedra het met 12 edelstene daarop soortgelyk aan dié wat hier beskryf word (Eksodus 28:15-21). Dit is beslis nie toeval nie! Dit beklemtoon eerder die priesterlike funksie van Nuwe Jerusalem, waarvan Jesus, die groot Hoëpriester, die “lamp” is (Openbaring 20:6; 21:23; Hebreërs 8:1). Nuwe Jerusalem is ook die kanaal waardeur die voordele van Jesus se hoëpriesterlike bediening na die mensdom vloei (Openbaring 22:1, 2). Die stad se 12 poorte, wat elk ’n lieflike pêrel is, laat ons dink aan Jesus se illustrasie wat die Koninkryk met ’n pêrel van groot waarde vergelyk het. Almal wat deur hierdie poorte ingaan, sal opregte waardering vir geestelike waardes getoon het.—Matteus 13:45, 46; vergelyk Job 28:12, 17, 18.
-