Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Wees gelukkige lesers van die boek Openbaring
    Die Wagtoring – 1999 | Desember 1
    • 16. Waarom is die slothoofstukke van Openbaring veral ’n rede tot blydskap?

      16 Gelukkige lesers van die boek Openbaring kan nie anders as om met blydskap vervul te word wanneer hulle die slothoofstukke lees wat ons wonderlike hoop beskryf nie—’n nuwe hemel en ’n nuwe aarde, dit wil sê ’n regverdige hemelse Koninkryksregering wat oor ’n nuwe, gereinigde mensegemeenskap regeer, alles tot eer van “Jehovah God, die Almagtige” (Openbaring 21:22). Toe die wonderlike reeks visioene tot ’n einde kom, het die engeleboodskapper vir Johannes gesê: “Hierdie woorde is betroubaar en waaragtig; ja, Jehovah, die God van die geïnspireerde uitinge van die profete, het sy engel uitgestuur om vir sy slawe die dinge te toon wat binnekort moet plaasvind. En kyk! ek kom gou. Gelukkig is enigeen wat die woorde van die profesie van hierdie boekrol onderhou.”—Openbaring 22:6, 7.

  • Wees gelukkige lesers van die boek Openbaring
    Die Wagtoring – 1999 | Desember 1
    • 18, 19. (a) Waarom moet Jesus nog kom, en watter hoop wat deur Johannes uitgespreek is, het ons ook? (b) Om watter rede moet Jehovah nog “kom”?

      18 In die boek Openbaring kondig Jesus etlike kere aan: “Ek kom gou” (Openbaring 2:16; 3:11; 22:7, 20a). Hy moet nog kom om oordeel te voltrek aan Babilon die Grote, aan Satan se politieke stelsel en aan alle mense wat weier om hulle aan Jehovah se soewereiniteit te onderwerp, soos dit nou deur die Messiaanse Koninkryk uitgeoefen word. Ons voeg ons stemme by dié van die apostel Johannes wat uitgeroep het: “Amen! Kom, Here Jesus.”—Openbaring 22:20b.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel