-
“Hou vas wat jy het”Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
17 In 1918 moes die Johannes-klas van gesalfde Christene—soos daardie getroue gemeente in Filadelfia—teenstand van die hedendaagse “sinagoge van Satan” die hoof bied. Godsdiensleiers van die Christendom, wat beweer het dat hulle geestelike Jode is, het die heersers op listige wyse gemanipuleer om ware Christene te onderdruk. Tog het hierdie Christene hard probeer om ‘die woord oor Jesus se volharding te bewaar’; gevolglik het hulle met geestelike hulp, ’n betekenisvolle “bietjie krag”, voortbestaan en is hulle gewek om in te gaan deur die deur wat nou voor hulle oopgegaan het. Hoe?
“’n Geopende deur”
18. Watter aanstelling het Jesus in 1919 gedoen, en hoe het die aangestelde gevolglik soos Hiskia se getroue bestuurder geword?
18 In 1919 het Jesus sy belofte nagekom en die groepie ware gesalfde Christene as sy “getroue en verstandige slaaf” erken (Matteus 24:45-47). ’n Voorreg soortgelyk aan dié wat die getroue bestuurder Eljakim in die tyd van koning Hiskia geniet het, het hulle te beurt geval.d Jehovah het van Eljakim gesê: “Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer lê, en hy sal oopmaak sonder dat iemand sluit, en hy sal sluit sonder dat iemand oopmaak.” Eljakim het groot verantwoordelikhede vir Hiskia, die koninklike seun van Dawid, op hom geneem. Net so is “die sleutel van die huis van Dawid” vandag op die skouer van die gesalfde Johannes-klas gelê in die sin dat die aardse belange van die Messiaanse Koninkryk aan hulle toevertrou is. Jehovah het sy knegte vir hierdie voorreg versterk deur hulle bietjie krag te vermeerder tot dinamiese energie wat voldoende is vir ’n ontsaglike wêreldwye getuienis.—Jesaja 22:20, 22; 40:29.
19. Hoe het die Johannes-klas die verantwoordelikhede behartig wat Jesus hulle in 1919 gegee het, en wat het dit tot gevolg gehad?
19 Sedert 1919 het die gesalfde oorblyfsel Jesus se voorbeeld gevolg en ’n kragtige veldtog aangepak om die goeie nuus van die Koninkryk wyd en syd te verkondig (Matteus 4:17; Romeine 10:18). Gevolglik het party van die hedendaagse sinagoge van Satan, die Christendom, na hierdie gesalfde oorblyfsel gekom, berou getoon en hulle ‘neergebuig’ ter erkenning van die slaaf se gesag. Hulle het Jehovah ook eensgesind saam met die oueres van die Johannes-klas kom dien. Dit het voortgeduur totdat die volle getal van Jesus se gesalfde broers versamel is. Daarna het “’n groot menigte . . . uit alle nasies” hulle voor die gesalfde slaaf kom “neerbuig” (Openbaring 7:3, 4, 9). Die slaaf en hierdie groot menigte dien saam as die een kudde van Jehovah se Getuies.
-
-
“Hou vas wat jy het”Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
25. Hoe kan elke individuele Christen vandag die beginsel agter Jesus se raad aan die gemeente in Filadelfia toepas?
25 Wat ’n groot aansporing moes hierdie boodskap tog vir die getroue Christene in Filadelfia gewees het! En dit bevat beslis nou, gedurende die dag van die Here, ’n kragtige les vir die Johannes-klas. Maar die beginsels daarvan is vir elke individuele Christen belangrik, hetsy hy van die gesalfdes of van die ander skape is (Johannes 10:16). Dit sal van ons almal verstandig wees om aan te hou om Koninkryksvrugte voort te bring, soos daardie Christene in Filadelfia gedoen het. Ons almal het ten minste ’n bietjie krag. Ons almal kan iets in Jehovah se diens doen. Laat ons hierdie krag gebruik! Laat ons, wat groter Koninkryksvoorregte betref, wakker wees om in te gaan deur enige deur wat vir ons oopgaan. Ons kan selfs tot Jehovah bid om so ’n deur oop te maak (Kolossense 4:2, 3). Terwyl ons Jesus se voorbeeld van volharding volg en aan sy naam getrou bly, sal ons toon dat ons ook ’n oor het om te hoor wat God se heilige gees vir die gemeentes sê.
-