-
Die geheimsinnige ruiters van OpenbaringDie Wagtoring – 1986 | Januarie 1
-
-
Sulke ruiters en hulle perde beïndruk ons. Die perde en ruiters wat die skrywer van die boek Openbaring gesien het, is egter opwindend om te aanskou! Hulle is geheimsinnig sowel as ontsagwekkend. Hierdie ruiters het alom bekend geword as die Ruiters van Openbaring.
Stel jou voor dat vier behendige ruiters nou dawerend na jou toe gery kom, en een swaai selfs ’n swaard! Let op die kleur van hulle perde. Elkeen is anders. Een perd is wit, een rooi, een swart en een ’n sieklike groengeel kleur. Hulle is inderdaad ’n vreemde, geheimsinnige gesig.
Volg die aksieryke verslag van wat die Bybelskrywer, die apostel Johannes, gesien het. Hy sê: “En ek het gesien, en kyk, daar was ’n wit perd. En hy wat daarop sit, het ’n boog; en aan hom is ’n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ’n oorwinnaar en om te oorwin. . . . En ’n ander perd, ’n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ’n groot swaard is aan hom gegee. . . . En ek het gesien, en kyk, daar was ’n swart perd; en hy wat daarop sit, het ’n skaal in sy hand. En ek het ’n stem . . . hoor sê: ’n Rantsoen koring vir [’n dag se loon van] ’n penning en drie rantsoene gars vir ’n [dag se loon] . . . En ek het gesien, en kyk, daar was ’n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.”—Openbaring 6:2-8.
Sedert hierdie gesig neergeskryf is, het sy betekenis tallose lesers dronkgeslaan. Wat stel hierdie geheimsinnige perde en hulle ruiters voor? Wanneer het hulle tog begin? Het hulle tog enige betrekking op die lewe vandag? ’n Groot verskeidenheid verklarings is aan die hand gedoen oor wat die perde en hulle ruiters kan voorstel, en wanneer hulle tog plaasvind.
Dit is oor die betekenis van die wit perd en sy ruiter dat die grootste meningsverskil bestaan. Die New Catholic Encyclopedia verduidelik byvoorbeeld dat die wit perd ‘òf die oorwinning van die evangelie òf imperialisme’ voorstel.
In die boek Daniel and the Revelation gee Uriah Smith hierdie uitleg: “’n Wit perd . . . is ’n gepaste simbool van die oorwinnings van die evangelie in die eerste eeu . . . Die witheid van die perd dui op die suiwerheid van geloof in daardie eeu.”
The Expositor’s Bible sê: “Die eerste ruiter stel die saak eerder as die persoon van Christus aan ons bekend, in die vroegste stadium van sy seëvierende vooruitgang, en met die belofte van sy toekomstige oorwinning. . . . Ons leer dat hierdie saak in die wêreld is, dat hierdie koninkryk in ons midde is en dat diegene wat dit teenstaan deur ’n nederlaag oorweldig sal word.” Woodrow Kroll, van The Christian Jew Foundation, meen egter dat die ruiter op die wit perd die Antichris is.
-
-
Die geheim van die ruitersDie Wagtoring – 1986 | Januarie 1
-
-
WIE kan die geheim van die ruiters van Openbaring ontrafel? In die Bybel, in Daniël 2:47, word Jehovah God “die Openbaarder van geheimenisse” genoem. Aangesien hy die een is wat die Bybel, met inbegrip van die gesig oor die ruiters, geïnspireer het, kan hy die antwoorde gee wat ons nodig het. As ons derhalwe sy geopenbaarde Woord vir inligting ondersoek, kan ons die betekenis van die gekleurde perde en hulle ruiters ontsyfer.—Amos 3:7; 2 Timotheüs 3:16; 2 Petrus 1:21.
Die eerste drie verse van Openbaring voorsien ’n sleutel om die geheim te help opklaar. Hulle toon dat hierdie reeks gesigte oor toekomstige gebeure handel, dit wil sê, gebeure na die jaar 96 G.J. toe die apostel Johannes al hierdie dinge gesien en dit neergeskryf het. Dit kom ooreen met sy verklaring in Openbaring 1:10 dat die dinge wat in hierdie gesigte gesien is eers ná die aanvang van “die dag van die Here” sou plaasvind.—Vergelyk 1 Korinthiërs 1:8; 5:5.
Hiermee in gedagte, sal ons die perde en hulle ruiters ondersoek. Dit is noodsaaklik om eers die korrekte begrip van die wit perd en sy ruiter te hê. Dan sal die betekenis van die ander ruiters maklik inpas.
Verskillende uitlegginge
In die vorige artikel is daar gemeld dat een uitleg van die wit perd en sy ruiter was dat hulle ‘òf die oorwinning van die evangelie òf imperialisme’ voorgestel het. Maar die wêreld is nie bekeer tot die evangelie (goeie nuus) oor Christus en God se voornemens in verband met hom nie. En imperialisme het beslis nie seëvierend voortbeweeg nie. Dit het eerder in hierdie eeu verbrokkel, versplinter.
Wat van die uitleg dat die wit perd die oorwinning van die evangelie en die suiwerheid van die geloof in die eerste eeu voorstel? Dit verontagsaam die feit dat die gesig oor toekomstige dinge was. En aangesien Johannes die gesig in die jaar 96 van ons Gewone Jaartelling as ’n gevangene in ballingskap op die eiland Patmos neergeskryf het, kan dit onmoontlik iets voorstel wat met die eerste eeu te doen het.
’n Ander verklaring was dat die wit perd die saak eerder as die persoon van Christus bekendstel en dat sy Koninkryk ‘in ons midde is’, dit wil sê, in ons harte. Maar die saak van Jesus Christus en die Christelike godsdiens het nie ná die skrywe van Openbaring begin nie. Hierdie saak was eerder reeds voor Johannes geskrywe het duidelik op die voorgrond onder eerste-eeuse Christene.
Toe Jesus gesê het dat ‘die koninkryk van God in jul midde is’, het hy buitendien met die skynheilige, godsdienstige Fariseërs gepraat in antwoord op ’n vraag wat hulle gestel het. Jesus het nie met sy getroue volgelinge gepraat en vir hulle gesê dat die Koninkryk iets ‘in hulle midde’ is in die sin dat dit in hulle harte is nie. Hy het eerder vir die ongelowige Fariseërs gesê dat hy, Jesus, as die verteenwoordiger van die toekomstige Koninkryk van God, by daardie geleentheid onder hulle teenwoordig was.—Lukas 17:21, NW; kyk ook die nuwe Afrikaanse vertaling, The Jerusalem Bible en The New English Bible.
Wat van die gedagte dat die ruiter op die wit perd die Antichris is? Die Bybel sê nerens dat die Antichris so sal floreer dat daar gesê kan word dat hy ‘uitgegaan het as ’n oorwinnaar en om te oorwin’, soos wat daar van die ruiter op die wit perd gesê is nie (Openbaring 6:2). Dit is duidelik dat wie ook al op die wit perd ry volkome seëvierend sal wees. Sy oorwinning sal nie faal nie. AI sy vyande sal vernietig word.
Bybelleidrade help met identifikasie
Die “Openbaarder van geheimenisse” voorsien later in dieselfde reeks gesigte onmiskenbare identifikasie van die ruiter op die wit perd. In Openbaring 19:11-16 word ’n wit perd weer gesien, hierdie keer met duidelike identifikasie van die ruiter.
Die feit dat ’n wit perd twee keer in hierdie profetiese gesigte gesien is, dui daarop dat dit dieselfde perd is, en dat verskillende pligte of dade van die ruiter uitgebeeld word. In die tweede toneel word die ruiter name gegee. Hy word “Getrou en Waaragtig”, “Die Woord van God” en “Die Koning van die konings en die Here van die here” genoem.
Hierdie benamings laat geen twyfel oor die identiteit van die ruiter op die wit perd nie. Dit is niemand anders as die Here Jesus Christus self nie! (Vergelyk Openbaring 17:14.) Maar op watter stadium van sy lewe? Dit moet die een of ander tyd na die einde van die eerste eeu wees, toe die gesig van Openbaring gegee is. Let ook op dat hy nou ’n koninklike kroon ontvang het. Op die een of ander tyd in die toekoms sal Jesus Christus dus ’n spesiale rol as Koning, of Heerser, aanvaar. En in daardie hoedanigheid word hy ook uitgebeeld as ’n krygsman wat met ’n boog gewapen is en uitgaan as “’n oorwinnaar en om te oorwin”.
Nog ’n feit wat toon dat dit in die toekoms móés gebeur, is: Teen die tyd dat die gesig van Openbaring gegee is, het meer as 60 jaar verstryk sedert Jesus sy aardse loopbaan voltooi het, uit die dood opgewek is en na die hemel opgevaar het. Met sy terugkeer na die hemel is Jesus aangesê om aan die regterhand van God te wag totdat sy vyande “’n voetbank van sy voete” gemaak sou word.—Hebreërs 10:12, 13.
Die tog begin
Die tog van die wit perd sou dus op die een of ander toekomstige tyd begin wanneer Jesus Christus as die hemelse Koning van God se Koninkryk gekroon sou word. Dan sou God hom uitstuur met die bevel: “Heers te midde van u vyande” (Psalm 110:2). Maar wanneer vind dit plaas?
Jesus Christus se kroning as hemelse Koning word in Psalm 45:4-8 beskryf. Die apostel Paulus haal in Hebreërs 1:8, 9 uit hierdie psalm aan en pas verse 7 en 8 op die Seun van God, Jesus Christus, toe. Gedetailleerde inligting en Skriftuurlike bewyse wat deur Jehovah se Getuies uitgegee is, toon dat Jesus Christus se kroning in die hemel aan die einde van die Heidense Tye, “die tye van die nasies”, in die jaar 1914 plaasgevind het.—Lukas 21:24.a
Enige uitleg wat sê dat die ruiter se tog voor 1914 begin het, kan gevolglik nie korrek wees nie. Aangesien die ruiter van die wit perd voor was, sou die ander perde en ruiters agter hom ook gebeure voorstel wat gedurende sy tog, of ’n ruk na sy tog begin het, sou plaasvind. Die tog van hierdie vier ruiters moet gevolglik vanaf die begin van “die tyd van die einde” in 1914 geskied. Die getuienis dui aan dat “die laaste dae” toe begin het.—Daniël 12:4; 2 Timotheüs 3:1-5, 13.
-