Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die ruiters van Openbaring—Hoe hulle tog jou raak
    Die Wagtoring – 1986 | Januarie 15
    • Die vuurrooi perd

      Een van die perde wat Johannes gesien het, was “’n vuurrooie, . . . en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ’n groot swaard is aan hom gegee”.​—Openbaring 6:4.

      Hierdie ruiter se “groot swaard” simboliseer oorlogvoering. In ooreenstemming hiermee het sowat 69 miljoen mense sedert 1914 in die twee wêreldoorloë gesterf. Wat ’n slagting! Ja, ’n mag der menigte weduwees en wese getuig van die feit dat die ruiter van die vuurrooi perd, ofte wel internasionale oorlogvoering, hulle lewens regstreeks geraak het.

      Daarbenewens gaan die jonger geslag steeds swaar gebuk onder oorloë en oorlogsbedreigings. In lande waar daadwerklike konflik woed, is baie tienderjariges by die gevegte betrokke. Die uitwerking van oorlog op hierdie jongmense word opgesom in hierdie vraag wat deur die voorsitter van een menseregte-agentskap gestel is: “Hoe kan hulle ooit tot verstandige en gebalanseerde volwassenes ontwikkel?”

      Jeugdiges in baie lande wat direk deur oorlog geraak word, het geleer om tyd in ure en dae pleks van in maande en jare te tel. Hulle vra: “Later, wie bekommer hom oor later? Kan jy waarborg dat ’n bom nie vanaand my kamer sal tref wanneer ek bed toe gaan nie?”

      Wat van die kinders wat in vreedsame lande woon? Ondervind hulle die gevolge van die oorlogsruiter? Ja, die sombere bedreiging van kernoorlog het ’n diepgaande sielkundige uitwerking op hulle. Oor die wanhoop wat haar leerlinge uitgespreek het, het een onderwyseres opgemerk: “Keer op keer wanneer ek hierdie kommentare gehoor het, het dit my totaal oorbluf gelaat. Hierdie jong kinders het ’n vlak van wanhoop ondervind wat ek my nie eens veroorloof nie.” Dokter Richard Logan van Quebec, Kanada, voeg by: “Hulpeloosheid en magteloosheid is die sielkundige definisie van depressie. Dis wat ons in ’n groot aantal jongmense sien.”

      Maar gestel jy woon nie in ’n oorloggeteisterde land nie, of jy meen nie dat die probleem jou emosioneel raak nie. Wat dan? Wel, die ruiter van die vuurrooi perd het nogtans ’n invloed op jou lewe. Elke minuut word R3,25-miljoen regstreeks vir militêre doeleindes aangewend​—’n wêreldwye besteding van nagenoeg R1,65-biljoen per jaar. Wie betaal daarvoor? Jy. Waar jy ook al woon, jy word geraak deur die ruiter van die vuurrooi perd.

  • Die ruiters van Openbaring—Hoe hulle tog jou raak
    Die Wagtoring – 1986 | Januarie 15
    • VUURROOI PERD: Die ruiter van hierdie perd stel oorlog voor. Vrede word van die aarde weggeneem, en wêreldoorlog breek uit.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel