Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die ruiters van Openbaring—Hoe hulle tog jou raak
    Die Wagtoring – 1986 | Januarie 15
    • Die swart perd

      Johannes beskryf ’n ander perd van die tafereel met die volgende woorde: “En ek het gesien, en kyk, daar was ’n swart perd; en hy wat daarop sit, het ’n skaal in sy hand. En ek het ’n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ’n Rantsoen koring vir ’n penning en drie rantsoene gars vir ’n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.”​—Openbaring 6:5, 6.

      Is jy honger? Miljoene is. Hulle word regstreeks geraak deur die ruiter van die swart perd, wat hongersnood voorstel. Elke minuut sterf daar 30 kinders omdat hulle nie genoeg kos of medisyne het nie​—meer as 15 miljoen per jaar! Miljoene der miljoene ander lewe in haglike omstandighede. Volgens Robert McNamara, voormalige president van die Wêreldbank, word hulle “so erg gestrem deur analfabetisme, wanvoeding, siekte, hoë kindersterfte en ’n kort lewensduur dat dit hulle selfs die potensiaal ontsê van die gene waarmee hulle gebore word”.

      In die laaste maande het ons dikwels foto’s gesien van verhongerde Afrikane​—mans, vrouens en kinders. Die sekretaris-generaal van die VV, Javier Pérez de Cuéllar, het die omvang van hierdie lyding grafies beskryf toe hy gewaarsku het: “Meer mense kan in Afrika besuide die Sahara sterf as gedurende die hele Tweede Wêreldoorlog. Selfs die oorlewendes kan vir die res van hulle lewe gestrem wees, hetsy fisies of verstandelik.” Hierdie slagoffers word regstreeks geraak deur die tog van die swart perd.

      Al ly jy nie honger nie, word jy sekerlik geroer deur die neerdrukkende foto’s van verhongerde mense. Volgens ’n hoofartikel in The New York Times van 20 Mei 1985 is meer as R2,5-miljard tot op daardie tydstip geskenk om hongergeteisterdes te help. Hoewel jy dalk nie persoonlik geld geskenk het nie, het sommige regerings groot skenkings uit belastinggeld gedoen. Ja, die tog van die swart perd het sowel ’n regstreekse as onregstreekse uitwerking op alle mense.

  • Die ruiters van Openbaring—Hoe hulle tog jou raak
    Die Wagtoring – 1986 | Januarie 15
    • SWART PERD: Die ruiter van hierdie perd stel voedselskaarste en hongersnood voor. Terwyl miljoene honger ly, is ander nog in staat om luuksevoedsel te koop.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel