-
’n Talryke groot menigteOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
17. (a) Watter vraag word deur een van die 24 ouderlinge geopper, en waarop dui die feit dat die ouderling die antwoord kon vasstel? (b) Wanneer is die ouderling se vraag beantwoord?
17 Sedert die tyd van die apostel Johannes en tot in die dag van die Here was gesalfde Christene onseker oor die identiteit van die groot menigte. Dit is dan gepas dat een van die 24 ouderlinge, wat gesalfdes afbeeld wat reeds in die hemel is, Johannes se denke prikkel deur ’n pertinente vraag te opper. “Hierop het een van die ouderlinge vir my gesê: ‘Dié wat in die wit klere geklee is, wie is hulle en waar het hulle vandaan gekom?’ Toe het ek dadelik vir hom gesê: ‘My heer, ú weet’” (Openbaring 7:13, 14a). Ja, hierdie ouderling kon die antwoord vasstel en dit aan Johannes gee. Dit dui daarop dat verrese lede van die groep van 24 ouderlinge, vandag moontlik by die mededeling van goddelike waarhede betrokke is. Op hulle beurt het die lede van die Johannes-klas op die aarde die identiteit van die groot menigte te wete gekom deur noukeurig te let op wat Jehovah in hulle midde gedoen het. Hulle het gou die skitterende flits van goddelike lig onderskei wat die teokratiese uitspansel in 1935, op Jehovah se bestemde tyd, verhelder het.
-
-
’n Talryke groot menigteOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
22. Watter verdere inligting ontvang Johannes oor die groot menigte?
22 Johannes ontvang deur die goddelike kanaal verdere inligting oor hierdie groot menigte: “En hy [die ouderling] het vir my gesê: ‘Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God; en hulle verrig dag en nag heilige diens aan hom in sy tempel; en die Een wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle uitsprei.’”—Openbaring 7:14b, 15.
23. Wat is die groot verdrukking waaruit die groot menigte “kom”?
23 Jesus het by ’n vroeëre geleentheid gesê dat sy teenwoordigheid in Koninkryksheerlikheid ’n hoogtepunt sou bereik in “groot verdrukking . . . soos daar sedert die begin van die wêreld tot nou toe nie plaasgevind het nie, nee, en ook nie weer sal plaasvind nie” (Matteus 24:21, 22). Ter vervulling van hierdie profesie sal die engele die vier winde van die aarde loslaat om Satan se wêreldstelsel te verwoes. Babilon die Grote, die wêreldryk van valse godsdiens, sal eerste vernietig word. Dan, by die klimaks van die verdrukking, sal Jesus die oorblywende lede van die 144 000 op die aarde red, tesame met die talryke groot menigte.—Openbaring 7:1; 18:2.
24. Hoe kwalifiseer individuele lede van die groot menigte vir oorlewing ?
24 Hoe kwalifiseer individuele lede van die groot menigte vir oorlewing? Die ouderling sê vir Johannes dat hulle “hulle klere gewas en dit wit gemaak [het] in die bloed van die Lam”. Met ander woorde, hulle het geloof beoefen in Jesus as hulle Verlosser, het hulle aan Jehovah toegewy, het hulle toewyding deur waterdoop gesimboliseer en “behou ’n goeie gewete” deur hulle regskape gedrag (1 Petrus 3:16, 21; Matteus 20:28). Hulle is derhalwe rein en regverdig in Jehovah se oë. En hulle bewaar hulleself “sonder vlek van die wêreld”.—Jakobus 1:27.
-