Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ’n Talryke groot menigte
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 22. Watter verdere inligting ontvang Johannes oor die groot menigte?

      22 Johannes ontvang deur die goddelike kanaal verdere inligting oor hierdie groot menigte: “En hy [die ouderling] het vir my gesê: ‘Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hulle klere gewas en dit wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God; en hulle verrig dag en nag heilige diens aan hom in sy tempel; en die Een wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle uitsprei.’”—Openbaring 7:14b, 15.

  • ’n Talryke groot menigte
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 25. (a) Hoe verrig die groot menigte “dag en nag heilige diens aan [Jehovah] in sy tempel”? (b) Hoe ‘sprei Jehovah sy tent uit’ oor die groot menigte?

      25 Verder het hulle ywerige Getuies van Jehovah geword—wat “dag en nag heilige diens aan hom [verrig] in sy tempel”. Is jy ’n lid van hierdie toegewyde groot menigte? Indien wel, is dit jou voorreg om Jehovah sonder ophou in die aardse voorhof van sy groot geestelike tempel te dien. Vandag doen die groot menigte, onder leiding van die gesalfdes, verreweg die grootste deel van die getuieniswerk. Ondanks sekulêre verantwoordelikhede het honderdduisende van hulle plek gemaak vir die voltydse bediening as pioniers. Maar of jy onder hierdie groep is of nie, jy kan, as ’n toegewyde lid van die groot menigte, verheug wees dat jy danksy jou geloof en werke regverdig verklaar word as ’n vriend van God en verwelkom word as ’n gas in sy tent (Psalm 15:1-5; Jakobus 2:21-26). So ‘sprei Jehovah sy tent uit’ oor dié wat hom liefhet en beskerm hy hulle, soos ’n goeie gasheer.—Spreuke 18:10.

Afrikaanse publikasies (1975-2026)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel