-
Die eerste wee—sprinkaneOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
9. Watter gevegsopdragte het die sprinkane ontvang?
9 Watter gevegsopdragte het hierdie sprinkane ontvang? Johannes sê: “En vir hulle is gesê om geen plantegroei van die aarde of enige groenigheid of enige boom te beskadig nie, maar net dié mense wat nie die seël van God op hulle voorkoppe het nie. En aan die sprinkane is dit gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig moet word, en die pyniging oor hulle was soos die pyniging deur ’n skerpioen wanneer dit ’n mens steek. En in daardie dae sal die mense die dood soek, maar dit hoegenaamd nie vind nie, en hulle sal begeer om te sterf, maar die dood bly van hulle af wegvlug.”—Openbaring 9:4-6.
-
-
Die eerste wee—sprinkaneOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
11. (a) Hoe lank word die sprinkane gemagtig om God se vyande te pynig, en waarom is dit nie werklik ’n kort tydjie nie? (b) Hoe erg is die pyniging?
11 Die pyniging duur vyf maande. Is dit ’n betreklik kort tydjie? Nie uit die oogpunt van ’n letterlike sprinkaan nie. Vyf maande is die normale lewensduur van een van hierdie insekte. Die hedendaagse sprinkane hou derhalwe hulle hele lewe lank aan om God se vyande te steek. Bowendien is die pyniging so erg dat mense wil sterf. Ons het weliswaar geen verslag dat enigiemand wat deur die sprinkane gesteek is, hulleself werklik probeer doodmaak het nie. Maar die uitdrukking help ons om ons die intensiteit van die pyniging voor te stel—asof deur die meedoënlose aanval van skerpioene. Dit is soos die lyding wat Jeremia voorspel het vir die ontroue Israeliete wat deur die Babiloniese veroweraars verstrooi sou word en vir wie die dood verkiesliker as die lewe sou wees.—Jeremia 8:3; sien ook Prediker 4:2, 3.
12. Waarom word die sprinkane toegelaat om die godsdiensleiers van die Christendom in geestelike sin te pynig, maar nie om hulle dood te maak nie?
12 Waarom word hulle toegelaat om hierdie persone in geestelike sin te pynig en nie om hulle dood te maak nie? Hierdie is ’n aanvangswee in die blootlegging van die Christendom se leuens en mislukkings, maar eers later, namate die dag van die Here vorder, sal haar doodse geestelike toestand ten volle openbaar gemaak word. Dit sal gedurende ’n tweede wee wees dat ’n derde van die mense doodgemaak word.—Openbaring 1:10; 9:12, 18; 11:14.
-