-
Die eerste wee—sprinkaneOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
13. Hoe lyk die sprinkane?
13 Hoe merkwaardig lyk hierdie sprinkane tog! Johannes beskryf hulle: “En die gestaltes van die sprinkane was soos dié van perde wat gereedgemaak is vir die geveg; en op hulle koppe was iets soos krone, wat gelyk het soos goud, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense, maar hulle het hare gehad soos vrouehare. En hulle tande was soos dié van leeus; en hulle het borsplate soos ysterborsplate gehad. En die geluid van hulle vlerke was soos die geluid van waens van baie perde wat in die geveg inhardloop.”—Openbaring 9:7-9.
-
-
Die eerste wee—sprinkaneOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
15. Wat beteken die sprinkane se (a) ysterborsplate? (b) gesigte soos dié van mense? (c) hare soos dié van ’n vrou? (d) tande soos dié van leeus? (e) groot geraas?
15 In die visioen het die sprinkane ysterborsplate, wat onverbreeklike regverdigheid afbeeld (Efesiërs 6:14-18). Hulle het ook die gesigte van mense, en hierdie kenmerk dui op die eienskap liefde, aangesien die mens gemaak is na die beeld van God, wat liefde is (Genesis 1:26; 1 Johannes 4:16). Hulle hare is lank soos dié van ’n vrou, wat ’n goeie afbeelding is van onderworpenheid aan hulle Koning, die engel van die afgrond. En hulle tande lyk soos ’n leeu se tande. ’n Leeu gebruik sy tande om vleis te skeur. Van 1919 af kon die Johannes-klas weer eens vaste geestelike voedsel inneem, in die besonder die waarhede oor God se Koninkryk waarin “die Leeu wat uit die stam Juda is”, Jesus Christus, regeer. Net soos die leeu moed simboliseer, was groot moed nodig om hierdie kragtige boodskap te verteer, om dit in publikasies uit te gee en om dit oor die hele aarde te versprei. Hierdie figuurlike sprinkane het ’n groot geraas gemaak, soos “die geluid van waens van baie perde wat in die geveg inhardloop”. In navolging van die eerste-eeuse Christene se voorbeeld is hulle nie van plan om stil te bly nie.—1 Korintiërs 11:7-15; Openbaring 5:5.
-