Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • God se Koninkryk word gebore!
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 2. (a) Watter groot teken sien Johannes? (b) Wanneer is die betekenis van die groot teken geopenbaar?

      2 Johannes sien nou ’n groot teken—’n teken wat vir God se volk van besondere belang is. Dit lei ’n opwindende profetiese visioen in, waarvan die betekenis vir die eerste keer in The Watch Tower van 1 Maart 1925 gepubliseer is in ’n artikel met die titel “Geboorte van die nasie”, en toe weer in 1926 in die boek Deliverance. Hierdie helder flits van Bybelbegrip het ’n geskiedkundige baken in die vooruitgang van Jehovah se werk geword. Laat Johannes dan die drama beskryf terwyl dit begin ontwikkel: “En ’n groot teken is in die hemel gesien: ’n vrou geklee met die son, en die maan was onder haar voete, en op haar kop was ’n kroon van twaalf sterre, en sy was swanger. En sy roep uit in haar pyne en in haar barensnood.”—Openbaring 12:1, 2.

  • God se Koninkryk word gebore!
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 6. (a) Wat word aangedui deur die feit dat die vrou wat Johannes gesien het, met die son geklee is, die maan onder haar voete en ’n kroon van sterre het? (b) Wat word deur die geboortepyne van die swanger vrou gesimboliseer?

      6 Johannes sien dat hierdie vrou met die son geklee is en die maan onder haar voete het. Wanneer ons haar kroon van sterre byvoeg, word sy geheel en al deur hemelse ligte omring. God se guns skyn dag en nag op haar. Wat ’n gepaste simbool van Jehovah se luisterryke hemelse organisasie! Sy is ook swanger en ondervind geboortepyne. Haar uitroepe om goddelike hulp toon dat haar tyd aangebreek het om geboorte te gee. In die Bybel simboliseer geboortepyne dikwels die harde werk wat nodig is om ’n belangrike resultaat voort te bring. (Vergelyk Psalm 90:2; Spreuke 25:23; Jesaja 66:7, 8.) Geboortepyne van hierdie aard is ongetwyfeld ondervind terwyl Jehovah se hemelse organisasie haar vir hierdie geskiedkundige geboorte gereedgemaak het.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel