-
God se Koninkryk word gebore!Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
17, 18. (a) Watter hemelse reaksie op Satan se val uit die hemel beskryf Johannes? (b) Wat is waarskynlik die bron van die harde stem wat Johannes hoor?
17 Johannes beskryf ’n vreugdevolle hemelse reaksie op hierdie groot val van Satan: “En ek het ’n harde stem in die hemel hoor sê: ‘Nou het die redding en die krag en die koninkryk van ons God en die gesag van sy Christus gekom, want die beskuldiger van ons broers, wat hulle dag en nag voor ons God beskuldig, is neergeslinger! En hulle het hom oorwin weens die bloed van die Lam en weens die woord van hulle getuienis, en selfs toe die dood hulle in die gesig gestaar het, het hulle hulle siel nie liefgehad nie. Daarom, wees bly, o hemele en julle wat daarin woon!’”—Openbaring 12:10-12a.
-
-
God se Koninkryk word gebore!Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
20. Hoe het getroue Christene Satan oorwin?
20 Gesalfde Christene, wat “weens die bloed van die Lam” as regverdig beskou word, getuig nog steeds, ondanks vervolging, van God en van Jesus Christus. Hierdie Johannes-klas wys al meer as 120 jaar lank op die groot geskille wat betrokke was by die einde van die Tye van die Nasies in 1914 (Lukas 21:24). En die groot menigte dien nou lojaal aan hulle sy. Nie een van hulle is “bevrees . . . vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie”, soos werklike ondervindinge van Jehovah se Getuies keer op keer gedurende ons tyd bewys het. Mondeling en deur betaamlike Christelike gedrag het hulle Satan oorwin en deurgaans bewys dat hy ’n leuenaar is (Matteus 10:28; Spreuke 27:11; Openbaring 7:9). Hoe verheug moet gesalfde Christene tog wees wanneer hulle na die hemel opgewek word, aangesien Satan nie meer daar bo is om hulle broers te beskuldig nie! Dit is inderdaad die tyd vir die hele engeleskare om vreugdevol te reageer op die oproep: “Wees bly, o hemele en julle wat daarin woon!”
-