Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Goeie nuus vir die hele mensdom!
    Die Wagtoring – 1990 | Januarie 1
    • “EK HET ’n ander engel in die middel van die hemel sien vlieg, en hy het ewige goeie nuus gehad om dit as blye tyding bekend te maak aan die bewoners van die aarde en aan elke nasie en stam en taal en volk” (Openbaring 14:6, NW). Die bejaarde apostel Johannes het sy geïnspireerde profetiese visioen, ’n visioen wat in ons dag vervul word, met hierdie woorde beskryf. Watter verligting is dit tog om te weet dat daar goeie nuus is in hierdie tyd van toenemende misdaad, besoedeling, terrorisme, oorlog en heersende ekonomiese onsekerheid! Maar watter nuus kan so goed wees dat ’n engel dit moet aankondig? Watter blye tyding verdien om aan elke nasie en stam en taal en volk bekend gemaak te word?

  • Goeie nuus vir die hele mensdom!
    Die Wagtoring – 1990 | Januarie 1
    • Jesus het in die eerste eeu baie fasette van God se voorneme met hom vervul, maar hy is nie destyds as Koning van God se Koninkryk op die troon geplaas nie. Hierdie tydskrif het al dikwels genoem dat dit eers in 1914 gebeur het. Soos die vervulling van profesieë duidelik toon, is God se Koninkryk in daardie jaar in die hemel opgerig (Openbaring 12:10, 12). Hoewel daar in 1914 besonder slegte nuus was—die Eerste Wêreldoorlog het uitgebreek—was die geboorte van God se Koninkryk die heel beste nuus. Dit is waarom Jesus vir ons dag geprofeteer het: “Hierdie [goeie nuus] van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies.”—Mattheüs 24:14, vgl. NW.

      Is Jesus se profesie vervul? Die antwoord is ja! En Johannes se profetiese visioen is ook vervul. Ons kan weliswaar nie die onsigbare engel sien wat Johannes gesien het nie. Maar Jehovah se Getuies is beslis sigbaar terwyl hulle die engel se goeie nuus “aan elke nasie en stam en taal en volk” verkondig. Hulle stemme word in 212 lande en eilande van die see gehoor. En menigtes reageer daarop. Die ondervindings van party van hierdie persone sal toon hoe goed die nuus oor God se Koninkryk werklik is.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel