-
’n Heilige geheim word onthulOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
16. (a) Vir wie het die Christendom se leiers besondere haat getoon? (b) Wat het gedurende die Middeleeue in die Christendom plaasgevind? (c) Het die Protestantse opstand, of Hervorming, die Christendom se afvallige handelswyse laat verander?
16 Hoewel die godsdienstige sowel as die sekulêre leiers van die Christendom beweer dat hulle die herders van die kudde van God is, het hulle besondere haat getoon vir enigiemand wat mense probeer aanspoor het om die Bybel te lees of enigiemand wat hulle onskriftuurlike gebruike aan die kaak gestel het. Johannes Hus en die Bybelvertaler William Tyndale is vervolg en doodgemaak. Gedurende die donker Middeleeue het die heerskappy van die afvalliges ’n hoogtepunt bereik met die diaboliese Katolieke Inkwisisie. Enigiemand wat die leerstellings of gesag van die kerk betwis het, is genadeloos onderdruk, en derduisende sogenaamde ketters is doodgemartel of op die brandstapel verbrand. Satan het sodoende probeer verseker dat enige ware saad van God se gemalinorganisasie gou vernietig sou word. Toe die Protestantse opstand, of Hervorming, plaasgevind het (van 1517 af), het baie Protestantse kerke ’n soortgelyke onverdraagsame gees geopenbaar. Hulle het ook bloedskuldig geword deur dié wat probeer het om teenoor God en Christus lojaal te wees, ’n marteldood te laat sterf. Waarlik, “die bloed van heiliges” is vryelik uitgestort!—Openbaring 16:6; vergelyk Matteus 23:33-36.
-
-
’n Heilige geheim word onthulOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
[Prente op bladsy 31]
Die godsdiens van die Christendom het hom groot bloedskuld op die hals gehaal deur dié wat die Bybel vertaal, gelees of selfs besit het, te vervolg en dood te maak
-