-
God se toorn word tot ’n einde gebringOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
6. Wat vind plaas wanneer die derde bak uitgegooi word, en watter woorde sê ’n engel en die altaar?
6 Die derde bak van God se toorn het, soos die derde trompetstoot, ’n uitwerking op varswaterbronne. “En die derde het sy bak in die riviere en die waterfonteine uitgegooi. En hulle het bloed geword. En ek het die engel wat oor die waters is, hoor sê: ‘U, die Een wat is en wat was, die Een wat lojaal is, is regverdig, omdat u hierdie beslissings gegee het, want hulle het die bloed van heiliges en van profete uitgestort, en u het vir hulle bloed gegee om te drink. Hulle verdien dit.’ En ek het die altaar hoor sê: ‘Ja, Jehovah God, die Almagtige, waaragtig en regverdig is u regterlike beslissings.’”—Openbaring 16:4-7.
-
-
God se toorn word tot ’n einde gebringOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
10. Wat maak “die engel wat oor die waters is”, bekend, en watter getuienis voeg “die altaar” by?
10 “Die engel wat oor die waters is”, dit wil sê die engel wat hierdie bak op die waters uitgooi, verheerlik Jehovah as die Universele Regter, wie se regverdige beslissings absoluut is. Gevolglik sê hy van hierdie oordeel: “Hulle verdien dit.” Die engel het ongetwyfeld self baie van die bloedvergieting en wreedheid aanskou wat deur duisende jare heen deur die valse leerstellings en filosofieë van hierdie goddelose wêreld aangestook is. Hy weet derhalwe dat Jehovah se regterlike beslissing reg is. Selfs God se “altaar” praat. Openbaring 6:9, 10 sê dat die siele van dié wat ’n marteldood gesterf het, aan die voet van hierdie altaar is. “Die altaar” voeg dus kragtige getuienis by met betrekking tot die geregtigheid en regverdigheid van Jehovah se beslissings.a Dit is beslis gepas dat dié wat soveel bloed vergiet en misbruik het, self gedwing word om bloed te drink, as simbool van die feit dat Jehovah hulle ter dood veroordeel.
-