Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Die oordeel oor die berugte hoer
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 25. (a) Wat word gesimboliseer deur die inhoud van die ‘goue beker wat vol walglike dinge was’? (b) In watter sin is die simboliese hoer dronk?

      25 Kyk nou na wat die hoer in haar hand het. Johannes het sekerlik na sy asem gesnak toe hy dit sien—’n goue beker “vol walglike dinge en die onrein dinge van haar hoerery”! Dit is die beker met “die wyn van die toorn van haar hoerery” waarmee sy al die nasies dronk gemaak het (Openbaring 14:8; 17:4). Dit lyk pragtig van buite, maar die inhoud daarvan is walglik en onrein. (Vergelyk Matteus 23:25, 26.) Dit bevat al die vieslike gebruike en leuens wat die groot hoer gebruik het om die nasies te verlei en hulle onder haar invloed te bring. Selfs afskuweliker, Johannes sien dat die hoer self besope is, dronk van die bloed van God se knegte! Trouens, ons lees later dat ‘die bloed van profete en van heiliges en van almal wat op die aarde doodgemaak is, in haar gevind is’ (Openbaring 18:24). Watter ontsaglike bloedskuld!

      26. Watter getuienis is daar van Babilon die Grote se bloedskuld?

      26 Deur die eeue heen het die wêreldryk van valse godsdiens oseane van bloed vergiet. Byvoorbeeld, in Middeleeuse Japan is tempels in Kioto in vestings verander, en soldate-monnike wat “die heilige naam van Boeddha” aangeroep het, het teen mekaar geveg totdat die strate vol bloed was. In die 20ste eeu het die geestelikes van die Christendom saam met die leërs van hulle lande gemarsjeer, en hierdie leërs het mekaar uitgemoor, met die verlies van ten minste honderdmiljoen lewens. In Oktober 1987 het die voormalige Amerikaanse president Nixon gesê: “Die 20ste eeu was die bloedigste in die geskiedenis. Meer mense is in die oorloë van hierdie eeu doodgemaak as in al die oorloë wat voor die begin van die eeu gevoer is.” Die godsdienste van die wêreld word deur God veroordeel vir hulle aandeel hieraan; Jehovah verfoei “hande wat onskuldige bloed vergiet” (Spreuke 6:16, 17). Johannes het vroeër ’n uitroep van die altaar af gehoor: “Tot wanneer, Soewereine Heer, heilig en waaragtig, weerhou u u daarvan om te oordeel en ons bloed te wreek op dié wat op die aarde woon?” (Openbaring 6:10). Babilon die Grote, die moeder van die hoere en van die walglike dinge van die aarde, sal diep daarby betrokke wees wanneer die tyd aanbreek om hierdie vraag te beantwoord.

  • ’n Ontsagwekkende verborgenheid onthul
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
    • 1. (a) Hoe reageer Johannes wanneer hy die groot hoer sien en die skrikwekkende dier waarop sy ry, en waarom? (b) Hoe reageer die Johannes-klas vandag namate gebeure ter vervulling van die profetiese visioen plaasvind?

      HOE reageer Johannes wanneer hy die groot hoer sien en die skrikwekkende dier waarop sy ry? Hy antwoord self: “Wel, toe ek haar sien, het ek my verwonder met groot verwondering” (Openbaring 17:6b). Blote menseverbeelding kan nooit so ’n toneel versin nie. En tog, daar is dit—ver weg in ’n wildernis—’n verdorwe prostituut wat op ’n aaklige, skarlakenkleurige wilde dier sit! (Openbaring 17:3). Die Johannes-klas verwonder hulle vandag ook met groot verwondering namate gebeure ter vervulling van die profetiese visioen plaasvind. As mense van die wêreld dit kon sien, sou hulle uitroep: ‘Ongelooflik!’, en die wêreld se heersers sou sê: ‘Ondenkbaar!’ Maar die visioen word in ons dag ’n skrikwekkende werklikheid. God se volk het reeds ’n merkwaardige aandeel aan die visioen se vervulling gehad, en dit verseker hulle dat die profesie tot sy verstommende klimaks sal voortgaan.

Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel