-
Die teregstelling van Babilon die GroteOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
1. Hoe beskryf die engel die skarlakenkleurige wilde dier, en watter soort wysheid is nodig om die simbole van Openbaring te verstaan?
DIE engel beskryf die skarlakenkleurige wilde dier van Openbaring 17:3 verder en sê vir Johannes: “Hiér is dit ’n kwessie van die intelligensie wat wysheid het: Die sewe koppe beteken sewe berge, waarop die vrou sit. En daar is sewe konings: vyf het geval, een is, die ander een het nog nie gekom nie, maar wanneer hy wel kom, moet hy ’n kort tydjie bly” (Openbaring 17:9, 10). Die engel dra hier wysheid van bo oor, die enigste wysheid wat ons kan help om die simbole in Openbaring te verstaan (Jakobus 3:17). Hierdie wysheid verskaf verligting aan die Johannes-klas en hulle metgeselle aangaande die erns van die tye waarin ons lewe. Dit bou in toegewyde harte waardering vir Jehovah se oordele, wat binnekort voltrek gaan word, en skerp ’n heilsame vrees vir Jehovah in. Soos Spreuke 9:10 sê: “Die vrees van Jehovah is die begin van wysheid, en die kennis van die Allerheiligste is verstand.” Wat openbaar goddelike wysheid aan ons omtrent die wilde dier?
2. Wat beteken die sewe koppe van die skarlakenkleurige wilde dier, en hoe is dit dat ‘vyf geval het en een is’?
2 Die sewe koppe van hierdie wrede dier staan vir sewe “berge”, of sewe “konings”. Albei terme word in die Skrif vir regeringsmagte gebruik (Jeremia 51:24, 25; Daniël 2:34, 35, 44, 45). In die Bybel word ses wêreldmoondhede gemeld wat ’n invloed op die aangeleenthede van God se volk gehad het: Egipte, Assirië, Babilon, Medo-Persië, Griekeland en Rome. Vyf hiervan het reeds gekom en gegaan toe Johannes Openbaring ontvang het, terwyl Rome nog baie beslis ’n wêreldmoondheid was. Dit kom goed ooreen met die woorde “vyf het geval, een is”. Maar wat van “die ander een” wat sou kom?
-
-
Die teregstelling van Babilon die GroteOpenbaring—Sy groot klimaks is op hande!
-
-
6. Watter splinternuwe ryke het ontstaan, en watter ryk het die suksesvolste geword?
6 Maar teen die 15de eeu het party lande splinternuwe ryke opgebou. Hoewel party van hierdie nuwe keiserlike moondhede in die gebied van voormalige Romeinse kolonies voorgekom het, was hulle ryke nie bloot voortsettings van die Romeinse Ryk nie. Portugal, Spanje, Frankryk en Nederland het almal setels van wydgestrekte ryke geword. Maar die suksesvolste ryk was Brittanje, wat die septer geswaai het oor ’n ontsaglike ryk waaroor ‘die son nooit ondergegaan het nie’. Hierdie ryk het op verskillende tye oor groot dele van Noord-Amerika, Afrika, Indië en Suidoos-Asië, sowel as die uitgestrektheid van die Stille Suidsee, uitgebrei.
7. Hoe het ’n soort tweeledige wêreldmoondheid ontstaan, en hoe lank het Johannes gesê sou die sewende ‘kop’, of wêreldmoondheid, bestaan?
7 Teen die 19de eeu het party van die kolonies in Noord-Amerika hulle reeds van Brittanje afgeskei om die onafhanklike Verenigde State van Amerika te vorm. ’n Mate van politieke konflik het tussen die nuwe nasie en die voormalige moederland voortgeduur. Nietemin het die Eerste Wêreldoorlog albei lande verplig om hulle gemene belange te erken en het dit hulle in ’n spesiale verhouding verbind. Sodoende het ’n soort tweeledige wêreldmoondheid ontstaan, saamgestel uit die Verenigde State van Amerika, tans die rykste nasie ter wêreld, en Groot-Brittanje, die setel van die grootste ryk ter wêreld. Hier is dan die sewende ‘kop’, of wêreldmoondheid, wat tot in die tyd van die einde bestaan en in wie se gebiede die hedendaagse Getuies van Jehovah aanvanklik gevestig geraak het. In vergelyking met die lang heerskappy van die sesde kop bly die sewende net “’n kort tydjie”, totdat God se Koninkryk alle volksentiteite vernietig.
-