Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Deel 7—Die laaste van die groot wêreldmoondhede
    Die Wagtoring – 1988 | Mei 15
    • Toe die Bybelboek Openbaring ongeveer 1 900 jaar gelede geskryf is, het dit gesê dat vyf “konings”, of wêreldmoondhede, reeds gekom en gegaan het. Hulle was Egipte, Assirië, Babilon, Medo-Persië en Griekeland. Die sesde, Rome,‘was’ nog, maar die sewende het nog nie gekom nie (Openbaring 17:10). Wat was daardie sewende wêreldmoondheid? Hoe het dit tot stand gekom? En wat sal daarop volg? Die antwoorde op hierdie belangrike vrae is die onderwerp van hierdie artikel.

  • Deel 7—Die laaste van die groot wêreldmoondhede
    Die Wagtoring – 1988 | Mei 15
    • ’n Eiland bo in die noordwestelike hoek van die Romeinse Ryk het lank buite wêreldaangeleenthede gebly. Soos een geskiedskrywer verduidelik het: “In die sestiende eeu was Engeland ’n minderwaardige moondheid. Sy rykdom was klein in vergelyking met dié van die Nederlande. Sy bevolking was baie minder as dié van Frankryk. Sy weermag (waaronder sy vloot) was ondergeskik aan dié van Spanje.” Maar Engeland het ’n vername vloot opgebou, en sy seerowers en kapers het begin om Spanje se kolonies te stroop en sy swaar belaste skatskepe te kaap.

      Die drie horings

      In 1588 het Filips II van Spanje die Spaanse Armada gestuur om sy Engelse folteraars aan te val. Hierdie vloot van 130 skepe wat meer as 24 000 man gedra het, het stadig met die Engelse Kanaal opgevaar, maar het toe die slagoffers geword van teenwinde en hewige Atlantiese storms. In Modern Europe to 1870 skryf geskiedskrywer Carlton Hayes dat hierdie gebeurtenis meegebring het dat “Engeland, in plaas van Spanje, beslis die heersende vlootmag geword het”.

      In die 17de eeu het die Nederlanders verreweg die grootste handelsvloot in die wêreld opgebou. Hulle skepe het die seë oorheers, en hulle het hul winste aan regerings wyd en syd uitgeleen. Maar Engeland het hier ook, vanweë sy groeiende buitelandse kolonies, die oorhand gekry.

      Toe, in die 18de eau, het die Britte en die Franse in plekke so ver uitmekaar soos Noord-Amerika en Indië geveg, en dit het in 1763 tot die Verdrag van Parys gelei. William B. Willcox het in sy boek Star of Empire—A Study of Britain as a World Power geskryf dat hoewel die verdrag skynbaar ’n kompromis was, “dit in werklikheid Brittanje se nuwe posisie as die oorheersende Europese moondheid in die wêreld buite Europa erken het”.

      Ander geskiedskrywers stem daarmee saam en sê: “Groot-Brittanje het na twee eeue van oorlogvoering met Spanjaarde, Nederlanders en Franse in 1763 as die belangrikste handels- en koloniale mag in die wêreld verrys” (Modern Europe to 1870). “In 1763 het die Britse Ryk die wêreld soos ’n herrese en vergrote Rome oorheers.” “Dit het uit die mideeuse oorloë verrys as die grootste ryk en die sterkste—en die mees gehate—moondheid ter wêreld” (Navy and Empire, deur James L. Stokesbury). Ja, hierdie “horinkie” het gegroei en die sewende wêreldmoondheid van Bybelgeskiedenis geword.

  • Deel 7—Die laaste van die groot wêreldmoondhede
    Die Wagtoring – 1988 | Mei 15
    • Die meeste van Brittanje se kolonies het onafhanklikheid verkry en by die Statebond aangesluit. Hoewel die ryk tot die verlede behoort, bestaan die Anglo-Amerikaanse Wêreldmoondheid nog. Maar dit sal net “’n kort tydjie” bestaan, in vergelyking met die eeue waartydens die voorafgaande Romeinse moondheid geheers het.—Openbaring 17:10.

Afrikaanse publikasies (1975-2025)
Meld af
Meld aan
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel