Is dit ontwerp?
Die geitjie se kleefvermoë
◼ Wetenskaplikes verwonder hulle oor die geitjie se vermoë om teen gladde oppervlakke op te klouter—en selfs oor ’n gladde plafon te skarrel—sonder om af te val! Hoe doen hierdie verbasende klein akkedissie dit?
Die Bybel sê dat die geitjie ‘met sy hande vasgryp’ (Spreuke 30:28). Die geitjie se pote lyk inderdaad soos hande en kleef verbasend goed aan gladde oppervlakke. Elke toon het riwwe met duisende haaragtige uitsteeksels. Elke uitsteeksel het weer honderde mikroskopiese draadjies. Die intermolekulêre kragte (wat Van der Waals-kragte genoem word) wat hierdie draadjies uitoefen, is sterk genoeg om die geitjie se gewig te dra—selfs wanneer hy onderstebo oor ’n glasoppervlak skarrel!
Navorsers wil kleefstowwe maak wat, soos die geitjie se pote, aan gladde oppervlakke sal kleef.a Dit kan onder andere “vir verskeie mediese doeleindes gebruik word”, sê die tydskrif Science News, “van verbande wat nie loskom wanneer dit nat word nie tot ’n pleister wat as alternatief vir chirurgiese steke gebruik kan word”.
Wat dink jy nou, ná hierdie kort bespreking? Het die geitjie se kleefvermoë per toeval ontstaan? Of is dit ontwerp?
[Voetnoot]
a Wetenskaplikes ontleed ook die proteïen wat deur mossels afgeskei word, wat hierdie onderwaterdiere die vermoë gee om aan nat oppervlakke vas te sit.
[Prent op bladsy 26]
Die onderkant van ’n tokay-geitjie
[Prent op bladsy 26]
Mikroskopiese haartjies op ’n geitjie se poot
[Foto-erkennings op bladsy 26]
Geitjie: Breck P. Kent; nabyfoto: © Susumu Nishinaga/Photo Researchers, Inc.