Lied 129
Ons hoop is ’n anker
1. Duisternis heers nou al eeue lank op aarde.
Mense se strewes is bloot gejaag na wind.
Niks wat hul doen, is van blywende waarde;
Hul kan weens sonde geen redding vind.
(REFREIN)
Sing en wees bly: Redding is nou naby!
Gods Koninkryk sal ons van vrese bevry.
Gods wil geskied, ons ervaar geen verdriet;
Dié hoop is ’n anker wat sekerheid bied.
2. “Gods dag is naby!” Dit is ons blye tyding.
Nie meer sal mense tot God roep: “O, hoe lank?”
Eersdaags verlig hy die skepping se lyding.
Loof God, Jehovah, gee hom die dank.
(REFREIN)
Sing en wees bly: Redding is nou naby!
Gods Koninkryk sal ons van vrese bevry.
Gods wil geskied, ons ervaar geen verdriet;
Dié hoop is ’n anker wat sekerheid bied.
(Sien ook Hab. 1:2, 3; Ps. 27:14; Joël 2:1; Rom. 8:22.)