Lied 95
Proe en sien dat Jehovah goed is
Gedrukte weergawe
1. Ons diens aan ons God is kosbaar;
ons preek graag oor sy heerskappy.
Ons koop die tyd uit en doen wat ons kan
om meer na die waarheid te lei.
(REFREIN)
Gods Woord versoek ons: ‘Proe nou en sien
ons God, Jehovah, is goed.’
As ons God dien, dan sal hy ons seën,
omdat ons doen wat ons moet.
2. Ryk seëninge en belonings
geniet dié wat God voltyds dien.
Hul smag nie na meer, maar bly vergenoeg;
hul weet hy sal altyd voorsien.
(REFREIN)
Gods Woord versoek ons: ‘Proe nou en sien
ons God, Jehovah, is goed.’
As ons God dien, dan sal hy ons seën,
omdat ons doen wat ons moet.
(Sien ook Mark. 14:8; Luk. 21:2; 1 Tim. 1:12; 6:6.)