LIED 7
Jehovah, ons sterkte
1. Vader Jehovah, ons sterkte en mag,
u is ons Redder, u gee op ons ag.
Ons dra u boodskap aan iedereen oor,
of hulle luister of glad nie wil hoor.
(REFREIN)
Jehovah, ons Rots, ons sterkte en mag,
u naam verhef ons elk’ dag en nag.
Groot God, Jehovah, op u sal ons wag.
U is ons toevlug, die bron van ons krag.
2. Ons wat u dien, is verheug oor u lig,
daagliks word ons deur die waarheid gerig.
Lees ons die Bybel, hoor ons u gebod.
Ons steun u Koninkryk, u is ons God.
(REFREIN)
Jehovah, ons Rots, ons sterkte en mag,
u naam verhef ons elk’ dag en nag.
Groot God, Jehovah, op u sal ons wag.
U is ons toevlug, die bron van ons krag.
3. Ons doen met graagte u wil, o ons God.
Op u vertrou ons, al sou Satan spot.
As hy ons teëstaan of bitter laat ly,
help ons om enduit standvastig te bly.
(REFREIN)
Jehovah, ons Rots, ons sterkte en mag,
u naam verhef ons elk’ dag en nag.
Groot God, Jehovah, op u sal ons wag.
U is ons toevlug, die bron van ons krag.
(Sien ook 2 Sam. 22:3; Ps. 18:2; Jes. 43:12.)