Lied 88
Kinders is ’n erfdeel van God
1. Met ’n kindjie in die arms
staan die ouers voor ’n uitdaging groot.
Hul het ’n erfdeel van Jehovah,
wat nie aan hul alleen behoort.
Jehovah is die Bron van lewe,
en liefdevol is hy in al sy weë.
Aan ouers bied hy goeie leiding,
wat hul die nodige wysheid gee.
(REFREIN)
Dit is ’n skat wat jy ontvang het,
’n kosbaar erfdeel van ons Heer.
Geen groter guns kan jy bewys nie
as om jou kind van God te leer.
2. Elke woord wat God beveel het—
gee in alles wat jy doen, daarop ag.
Jy moet dit by jou kinders inskerp;
dit is wat God van jou verwag.
Praat daaroor wanneer jy op pad is,
wanneer jy opstaan, wanneer jy gaan lê.
Mag hul onthou in later jare,
mag hul getrou bly aan wat God sê.
(REFREIN)
Dit is ’n skat wat jy ontvang het,
’n kosbaar erfdeel van ons Heer.
Geen groter guns kan jy bewys nie
as om jou kind van God te leer.
(Sien ook Deut. 6:6, 7; Ef. 6:4; 1 Tim. 4:16.)