Vir gesinsbespreking
Wat is die verskille?
Kan jy die drie verskille tussen prent A en prent B raaksien? Skryf jou antwoorde hieronder neer, en voltooi die prente deur dit in te kleur.
LEIDRAAD: Lees Eksodus 28:9-12, 33, 36, 37.
1. ․․․․․
2. ․․․․․
3. ․․․․․
4. Watter prent is reg, die een aan die regterkant of die een aan die linkerkant?
․․․․․
VIR BESPREKING:
Wat beteken die woord “heilig”? Waarom is dit belangrik dat aanbidders van Jehovah heilig moet wees? Hoe kan jy wys dat jy heilig probeer wees?
LEIDRAAD: Lees 2 Korintiërs 7:1.
GESINSAKTIWITEIT:
Laat elke gesinslid navorsing doen oor die rol van Israel se hoëpriester. Kom dan bymekaar en vertel wat julle geleer het. Byvoorbeeld, wat was van die verantwoordelikhede van die hoëpriester?
LEIDRAAD: Lees Levitikus 9:7; Deuteronomium 17:9-11.
Waarom is Jesus Christus die beste Hoëpriester?
LEIDRAAD: Lees Hebreërs 4:14-16; 7:26-28; 9:11-14.
Versamel en leer
Knip uit, vou in die helfte en bêre
BYBELKAART 3 RUT
VRAE
A. Voltooi Rut se woorde aan Naomi: “U volk sal . . . ”
B. Watter goeie voorbeeld het Rut gestel vir diegene wat na siekes en bejaardes omsien?
C. Vul die oop spasies in. Rut het met ․․․․․ getrou en ’n voorouer van ․․․․․ en ․․․․․ geword.
[Tabel]
4026 VHJ Adam geskep
Het omstreeks 1200 VHJ gelewe
1 HJ
98 HJ Laaste Bybelboek geskryf
[Kaart]
Het van Moab na Betlehem getrek
MOAB
Betlehem
RUT
PROFIEL
’n Getroue Moabitiese weduwee wat haar bejaarde skoonmoeder, Naomi, ondersteun het. Rut se lojale liefde vir Naomi en haar vasbeslotenheid om Jehovah te aanbid, het haar die krag gegee om haar vaderland te verlaat en na Betlehem te trek. Ander het vir Naomi gesê: “Jou skoondogter [is] vir jou beter . . . as sewe seuns.”—Rut 4:14, 15.
ANTWOORDE
A. “. . . my volk wees, en u God my God.”—Rut 1:16.
B. Rut was selfopofferend en hardwerkend.—Rut 2:7, 10-12, 17; 3:11.
C. Boas, koning Dawid, Jesus Christus.—Matteus 1:5, 6, 16.
Volke en lande
5. My naam is Shaé. Ek woon in Brittanje, wat naby aan die vasteland van Europa is. Omtrent hoeveel Getuies van Jehovah is daar in Brittanje? Is dit 13 300, 133 000 of 333 000?
6. Watter kolletjie wys waar ek woon? Trek ’n sirkel daarom, en maak ’n kolletjie waar jy woon en kyk hoe ver jy van Brittanje af is.
A.
B
C
D
Prentejag vir kinders
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
● Antwoorde op vrae op bladsye 30 en 31 is op bladsy 7
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSYE 30 EN 31
1. Woorde op die tulband.
2. Oniksstene op die skouers.
3. Klokkies aan die soom.
4. Die een aan die linkerkant.
5. 133 000.
6. B.