Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
Afrikaanse publikasies (1975-2027)
Meld af
Meld aan
Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Vandag

Donderdag 29 Oktober

Die gedagtes van ’n man se hart is soos diep waters, maar die man wat insig het, sal dit na die oppervlak bring. – Spr. 20:5.

Wat moet jy omtrent die ander persoon uitvind terwyl julle uitgaan? Voordat jy te emosioneel betrokke raak, sal jy dalk party belangrike dinge wil bespreek, soos die ander persoon se doelwitte. Hoe kan jy uitvind wie die ander persoon werklik is? Een van die beste maniere is om openlik en eerlik te praat, om vrae te vra en regtig te luister (Jak. 1:19). Julle kan dalk kies om dinge saam te doen wat vir julle ’n geleentheid sal gee om te praat, soos om saam te eet, om saam in openbare plekke te gaan stap en om saam velddiens te doen. Julle kan ook mekaar leer ken wanneer julle tyd met vriende en familie spandeer. En beplan aktiwiteite wat vir jou sal wys hoe die ander persoon in verskillende omstandighede en met verskillende mense optree. w24.05 28 ¶6-7

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026

Vrydag 30 Oktober

Word . . . navolgers van God, as geliefde kinders. – Ef. 5:1.

In die dae wat voorlê, sal ons baie moeilike tye ondervind wat sal vereis dat ons op Jehovah moet vertrou soos nog nooit tevore nie. Bybelverslae en ondervindinge van Getuies van vandag sal ons help om te onderskei hoe God rotsagtige eienskappe openbaar het om sy knegte te ondersteun. Dink diep na oor daardie verslae. As jy dit doen, kan dit jou help om Jehovah jou Rots te maak. Jy sal ook beter voorbereid wees om die gemeente op te bou. Byvoorbeeld, Jesus het Simon die naam Sefas (vertaal as “Petrus”) gegee, wat “’n stuk rots” beteken (Joh. 1:42). Dit het gewys dat hy ’n bron van vertroosting en stabiliteit in die gemeente sou word. Gemeentelike ouermanne word beskryf as “die skaduwee van ’n groot rots”. Dit illustreer hoe hulle dié in die gemeente beskerm (Jes. 32:2). Die gemeente vind natuurlik baat wanneer almal – broers en susters – Jehovah se rotsagtige eienskappe navolg. w24.06 28 ¶10-11

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026

Saterdag 31 Oktober

Jehovah [vereis] uitsluitlike toegewydheid. – Deut. 4:24.

Die konings van Israel wat deur Jehovah as getrou beskou is, het hom op die regte manier aanbid. Die meeste van die konings wat deur Jehovah as ontrou geoordeel is, het hulle rug op Sy Wet gedraai en valse gode begin aanbid (1 Kon. 21:​25, 26; 2 Kron. 12:1). Hoekom was aanbidding vir Jehovah so belangrik? Om maar een ding te noem, die konings het die verantwoordelikheid gehad om God se volk in ware aanbidding te lei. En valse aanbidding lei beslis tot ander ernstige sondes en ongeregtighede (Hos. 4:​1, 2). Wat meer is, die konings en hulle onderdane was aan Jehovah toegewy. Daarom vergelyk die Bybel hulle betrokkenheid by valse aanbidding met egbreuk (Jer. 3:​8, 9). ’n Persoon wat letterlike egbreuk pleeg, sondig teen sy of haar maat op die persoonlikste manier wat daar is. Net so sondig ’n toegewyde kneg van Jehovah wat by valse aanbidding betrokke raak, op ’n direkte en persoonlike manier teen Hom. – Deut. 4:23. w24.07 22-23 ¶12-15

Ondersoek die Skrif elke dag – 2026
Welkom.
Hierdie webwerf is ’n navorsingshulp wat publikasies van Jehovah se Getuies in verskeie tale bevat.
Om publikasies af te laai, kan jy gaan na jw.org.
  • Afrikaans
  • Deel
  • Voorkeure
  • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
  • Gebruiksvoorwaardes
  • Privaatheidsbeleid
  • Privaatheidsinstellings
  • JW.ORG
  • Meld aan
Deel