Job
40 En Jehovah het Job geantwoord en gesê:
2 “Moet ’n foutvinder enigsins met die Almagtige twis?+
Laat die teregwyser van God daarop antwoord.”+
3 En Job het Jehovah geantwoord en gesê:
5 Een keer het ek gepraat, en ek sal nie antwoord nie;
En twee keer, en ek sal niks byvoeg nie.”
6 En Jehovah het Job uit die windstorm+ geantwoord en gesê:
8 Sal jy werklik my geregtigheid kragteloos maak?
Sal jy my goddeloos verklaar sodat jy reg kan wees?+
13 Begrawe hulle saam in die stof,+
Bind hulle gesigte in die verborge plek,
14 En ek, ja ek, sal jou prys,
Omdat jou regterhand jou kan red.
17 Hy buig sy stert soos ’n seder;
Die senings van sy dye is ineengevleg.
18 Sy gebeente is koperpype;
Sy sterk gebeente is soos smeeysterstawe.
21 Onder die doringrige lotusbome gaan hy lê,
22 Die doringrige lotusbome hou hom afgeskut met hulle skaduwee;
Die populiere van die stroomvallei omring hom.
23 As die rivier geweldig te kere gaan, hardloop hy nie paniekbevange weg nie.
Hy is vol vertroue, al sou die Jordaan+ ook teen sy mond losbreek.
24 Kan iemand hom voor sy oë vang?
Kan iemand sy neus met strikke deurboor?