Job
3 Sal hy talle dringende versoeke tot jou rig,
Of sal hy sagte woorde met jou spreek?
4 Sal hy ’n verbond met jou sluit,
Dat jy hom tot onbepaalde tyd as slaaf mag neem?
5 Sal jy met hom speel soos met ’n voël,
Of sal jy hom vasbind vir jou meisiekinders?
6 Sal metgeselle handel dryf met hom?
Sal hulle hom onder handelaars verdeel?
8 Sit jou hand op hom.
Onthou die geveg. Moet dit nie weer doen nie.
9 Kyk! ’n Mens se verwagting omtrent hom sal beslis teleurgestel word.
Ook sal ’n mens by die blote aanskouing van hom neergeslinger word.
11 Wie het eerste aan my iets gegee, sodat ek hom behoort te beloon?+
Wat onder die ganse hemel is, is myne.+
12 Ek sal nie stilby oor sy dele
Of oor die aangeleentheid van sy sterkte en die sierlikheid van sy afmetings nie.
13 Wie het die oppervlak van sy kleding opgelig?
Wie sal sy dubbele kakebeen binnedring?
14 Wie het die deure van sy gesig geopen?
Sy tande rondom is skrikwekkend.
15 Groewe van skubbe is sy hoogmoed,
Gesluit soos met ’n vaste seël.
16 Hulle pas styf teen mekaar,
En selfs lug kan nie tussen hulle inkom nie.
17 Hulle kleef aan mekaar;
Hulle pas inmekaar en kan nie geskei word nie.
18 Sy genies straal lig uit,
En sy oë is soos die strale van die dagbreek.
19 Uit sy bek kom weerligstrale,
Ontsnap vuurvonke.
20 Uit sy neusgate kom rook,
Soos ’n smeltoond wat met biesies aan die brand gesteek is.
21 Sy siel laat kole vlam vat,
En selfs ’n vlam kom uit sy bek.
22 In sy nek woon sterkte,
En wanhoop spring voor hom uit.
23 Die plooie van sy vlees kleef aan mekaar;
Hulle is soos ’n gietsel op hom, onbeweeglik.
24 Sy hart is hard soos klip,
Ja, hard soos ’n onderste meulsteen.
31 Hy laat die dieptes kook net soos ’n pot;
Hy maak die see soos ’n salfpot.
32 Agter hom laat hy ’n pad skitter;
’n Mens sou die waterdiepte vir grys hare aansien.
33 Sy gelyke is daar op die stof nie,
Die een wat gemaak is om sonder vrees te wees.
34 Alles wat hoog is, sien hy.
Hy is koning oor al die majestueuse wilde diere.”