Job
7 “Is daar nie dwangarbeid+ vir die sterflike mens op die aarde nie,
En is sy dae nie soos die dae van ’n loonarbeider nie?+
3 So is ek die besitter van waardelose maanmaande gemaak,+
En nagte van moeite+ het hulle vir my uitgemeet.
4 Wanneer ek gaan lê het, het ek ook gesê: ‘Wanneer sal ek opstaan?’+
En wanneer die aand sy volle maat bereik, was ek ook sat van rusteloosheid tot die oggendskemering toe.
8 Die oog van hom wat my sien, sal my nie aanskou nie;
U oë sal op my wees, maar ek sal daar nie wees nie.+
11 Ook ek, ek sal nie my mond terughou nie.
Ek sal in die benoudheid van my gees praat;
Ek sal my besig hou met die bitterheid van my siel!+
13 Wanneer ek gesê het: ‘My divan sal my vertroos,
My bed sal my besorgdheid help dra’,
14 Het u my selfs met drome verskrik,
En deur visioene laat u my van skrik opspring,
15 Sodat my siel verstikking verkies,
Die dood+ bo my gebeente.
16 Ek het dit verwerp;+ tot onbepaalde tyd sal ek nie wil lewe nie.
Laat my met rus, want my dae is ’n asemstoot.+
17 Wat is die sterflike mens+ dat u hom sou grootmaak
En dat u u hart op hom sou rig
18 En dat u elke oggend aan hom aandag sou skenk,
Dat u hom elke oomblik op die proef sou stel?+