Job
18 Bildad,+ die Suhiet, het toe geantwoord:
2 “Wanneer gaan jy ophou om so te praat?
Toon ’n bietjie insig en dan kan ons praat.
4 Al verskeur jy jouself in jou woede,
die aarde sal nie ter wille van jou verlate word nie,
en ’n rots sal ook nie uit sy plek skuif nie.
6 Die lig in sy tent sal beslis donker word,
en die lamp wat op hom skyn, sal doodgaan.
8 Want sy voete sal hom na ’n vangnet lei,
en hy sal daarin beland.
9 Sy voet sal in ’n strik trap.
Hy sal daarin vasgevang word.+
10 ’n Vangtou lê waar hy dit nie kan sien nie,
en ’n strik lê op sy pad.
13 Sy vel word weggevreet.
Die dodelikste siekte verteer sy ledemate.
15 Vreemdelinge* sal in sy tent woon.
Swael sal oor sy huis gestrooi word.+
16 Onder hom sal sy wortels verdroog,
en bo hom sal sy takke verdroog.
17 Mense sal hom heeltemal vergeet,
en niemand op straat sal sy naam ken nie.
18 Hy sal van die lig na die duisternis gedryf word
en uit die wêreld weggejaag word.
19 Hy sal geen kinders of nageslag onder sy volk hê nie,
nie ’n enkele oorlewende in die plek waar hy woon nie.
20 Wanneer sy dag kom, sal die mense in die Weste geskok wees
en sal die mense in die Ooste vol vrees wees.
21 Dit is wat gebeur met die tente van ’n oortreder
en met die plek van iemand wat God nie ken nie.”