Amos
2 “Dít is wat Jehovah sê:
‘“Weens drie opstandige dade* van Moab,+ en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,
want hy het die beendere van die koning van Edom verbrand om kalk daarvan te maak.
Moab sal tydens die oorlogsgeraas sterf,
met ’n oorlogskreet, met die geluid van ’n horing.+
3 Ek sal die heerser* uit haar verwyder
en al haar hoë amptenare saam met hom doodmaak,”+ sê Jehovah.’
4 Dít is wat Jehovah sê:
‘Weens drie opstandige dade van Juda,+ en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,
want hulle het die wet* van Jehovah verwerp
en sy wetsvoorskrifte nie gehoorsaam nie.+
Maar dieselfde leuens wat hulle voorvaders gevolg het, het hulle laat afdwaal.+
6 Dít is wat Jehovah sê:
‘Weens drie opstandige dade van Israel,+ en weens vier, sal ek nie my besluit verander nie,
want hulle verkoop die regverdige vir silwer
en die arme vir ’n paar sandale.+
7 Hulle vertrap die hulpeloses in die stof van die aarde,+
en hulle versper die weg van die nederiges.+
’n Man en sy pa slaap by dieselfde meisie
en ontheilig my heilige naam.
8 Hulle strek hulle langs elke altaar uit+ op klere wat hulle as sekuriteit vir ’n lening geneem het.+
En in die tempel van hulle gode drink hulle wyn wat hulle gekry het by dié wat hulle beboet het.’
9 ‘Maar dit was ek wat die Amoriete voor hulle vernietig het.+
Hulle was so lank soos die sederbome en so sterk soos die eikebome.
Ek het sy vrug bo en sy wortels onder vernietig.+
10 Ek het julle uit Egipte uitgelei,+
en ek het julle 40 jaar lank deur die wildernis laat trek,+
om die land van die Amoriete in besit te neem.
Is dit nie so nie, o Israel?’ sê Jehovah.
12 ‘Maar julle het vir die Nasireʹërs wyn bly gee om te drink,+
en julle het die profete beveel: “Julle mag nie profeteer nie.”+
13 Daarom sal ek jou in jou plek vergruis,
net soos ’n wa vol gesnyde graan vergruis wat onder hom is.
14 Die vinnige sal nêrens heen kan vlug nie,+
die sterke sal nie sy krag behou nie
en geen vegter sal sy eie lewe kan red nie.
15 Die boogskutter sal nie weerstand bied nie,
die hardloper sal nie wegkom nie
en geen perderuiter sal sy eie lewe kan red nie.