12 Maar hoe meer hulle hulle onderdruk het, hoe meer het hulle vermeerder en hoe meer het hulle uitgebrei, sodat hulle ’n ontsettende vrees gevoel het as gevolg van die kinders van Israel.+
27 “En ek sal die skrik vir my voor jou uit stuur,+ en ek sal beslis al die volke onder wie jy kom, in verwarring bring, en ek sal jou inderdaad die agterkant van die nek van al jou vyande gee.+
25 Niemand sal teen julle standhou nie.+ Die skrik vir julle en die vrees vir julle sal Jehovah julle God op die oppervlak van die hele land laat kom+ waarop julle sal loop, net soos hy julle beloof het.
9 En sy het vir die manne gesê: “Ek weet dat Jehovah beslis die land aan julle sal gee,+ en dat die skrik vir julle op ons geval het,+ en dat al die inwoners van die land mismoedig geword het weens julle.+