Psalms
Vir die musiekleier. Van Dawid.
14 Die verstandelose het in sy hart gesê:
“Daar is geen Jehovah nie.”+
Hulle het verderflik gehandel,+ hulle het verfoeilik gehandel in hulle handelswyse.
Daar is niemand wat goed doen nie.+
2 Wat Jehovah betref, hy het uit die hemel afgekyk op die mensekinders,+
Om te sien of daar iemand bestaan wat insig het, iemand wat Jehovah soek.+
3 Hulle het almal afgewyk,+ hulle is almal tesame verdorwe;+
Daar is niemand wat goed doen nie,+
Nie eers een nie.+