20 En Dawid het vir die hele gemeente gesê:+ “Loof+ nou Jehovah julle God.” En die hele gemeente het Jehovah, die God van hulle voorvaders, geloof en laag gebuig+ en hulle voor Jehovah en voor die koning neergewerp.+
6 Toe het Esra Jehovah, die ware God, die groot God, geloof,+ waarop die hele volk geantwoord het: “Amen! Amen!”+ terwyl hulle hulle hande opgehef het.+ Hulle het toe laag gebuig+ en hulle voor Jehovah neergewerp met hulle gesig na die aarde.+