Psalms
95 Kom tog, laat ons met vreugde uitroep tot Jehovah!+
Laat ons ons Rots van redding triomfantlik toeroep.+
3 Want Jehovah is ’n groot God+
En ’n groot Koning bo alle ander gode,+
4 Hy in wie se hand die diepste plekke van die aarde is+
En aan wie die pieke van die berge behoort;+
5 Aan wie die see behoort, wat hy gemaak het,+
En wie se hande die droë land gevorm het.+
7 Want hy is ons God, en ons is die volk van sy weiding en die skape van sy hand.+
Vandag, as julle na sy stem luister,+
8 Moet julle julle hart nie verhard soos by Meʹriba,+
Soos op die dag van Massa in die wildernis nie,+
9 Toe julle voorvaders my op die proef gestel het;+
Hulle het my getoets, hulle het ook my dade gesien.+