14 En nou sal jou koninkryk nie standhou nie.+ Jehovah sal beslis vir hom ’n man na sy hart vind;+ en Jehovah sal hom as ’n leier+ oor sy volk aanstel, omdat jy nie onderhou het wat Jehovah jou beveel het nie.”+
28 Hierop het Samuel vir hom gesê: “Jehovah het vandag die koninklike heerskappy oor Israel van jou afgeskeur,+ en hy sal dit beslis aan jou medemens gee wat beter is as jy.+
8 En Saul het baie toornig geword,+ en vanuit sy oogpunt was hierdie woord sleg, sodat hy gesê het: “Hulle het aan Dawid tienduisende gegee, maar aan my het hulle die duisende gegee, en nou moet nog net die koningskap aan hom gegee word!”+
31 Want al die dae dat die seun van Isai op die aarde lewe, sal jy en jou koningskap nie stewig gevestig word nie.+ Stuur dan nou en bring hom na my toe, want hy is vir die dood bestem.”+
17 En hy het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie;+ want die hand van my vader Saul sal jou nie vind nie, en jy sal koning+ oor Israel wees, en ek sal tweede onder jou wees; en my vader Saul weet dit ook.”+